Die arrogansie van hubris.

“Volcanic eruptions, like this one at Mount Pinatubo eruption in 1991, are known to have global cooling effects. In October, researchers will test a man-made volcano that might eventually be used as a temporary defense against the devastating effects of climate change.Image: Wikimedia Commons”

Britse wetenskaplikes will m.b.v. kunsmatige vulkane die aarde se klimaat beheer. Hulle kan of wil nie aanvaar dat klimaat hoofsaaklik natuurlike oorsake het en dat die mens se invloed in vergelyking byna weglaatbaar klein is.

Die wetenskaplikes word aangevuur deur sulke propagandamakers soos die IPCC meelopers Al Gore en Pachauri wat hulle self verryk deur die klimaat se warmlugballon aanhoudend groter op te blaas.

As jy van mening is dat slegs CO2 die klimaat beheer, speel jy met vuur deur allerhande “geo engineering” projekte waarvan jy nie die gevolge kan voorsien nie. Die IPCC se modelle kan beslis nie sulke ingrepe se effek voorsien nie – soos wat hulle nie die laaste 15 jaar se gebrek aan verwarming kon voorsien nie.

Maar, as jy op die bankmaakstoriesoustrein ry en groot bedrae geld aan jou navorsing toegeken word, maak dit seker nie baie saak wat jy aanvang nie – hou net die momentum aan die gang.

Lees meer hier: Scientific American

Advertisements

5 Comments

Filed under Uncategorized

5 responses to “Die arrogansie van hubris.

  1. TS

    Ja en sekere ouens word skat/stink ryk!

  2. HeavyHenry

    20 kilometer is 20000 meter. Elke 10 meter water tel omtrent een atmosfeer druk by. 20000 gedeel deur tien is 2000 atmosfeer druk.So ons praat van ‘n tawwe hosepipe om die druk te weerstaan.Nou as jy ‘n verskil aan iets wil maak, moet die pyp verseker so 100 mm deursnee hê.So behalwe vir die gewig van die pyp, weeg die water in elke meter van die pyp 5*5*pi*100 gram, of 7.854 kilogram.So 20 kilometer s’n weeg so 157 metrieke ton – en die pyp moet ook iets weeg – seker omtrent dieselfde – onthou die druk is hoog.Die beste staal kabel kan homself nie dra oor so ‘n afstand nie – kyk maar wat die ouens in die myne doen.Hierdie ouens is befok in hulle koppe – dit mors net geld.

  3. benvanbruggen

    Ons kort n syferman soos jy om die saak nugter te stel.

  4. loudavisi

    Ek is te dom om hier ‘n wetenskaplike kommentaar te lewer.Darem is ek slim genoeg om dit te erken; )

  5. rosiemetdorings

    dis my deksel dat geleerde mense nie kan insien dat hulle droog (al dink hulle dit is nat) maak nie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s