Monthly Archives: December 2011

Die leeujag (vir Inshitnia)

Inshitnia se uitdaging

Die Leeujag

“Julle sal my nou nie glo nie. Julle dorpsjapies. Laat ek vir julle vertel van die keer wat ek mos ‘n krokkedêl en ‘n leeu met een skoot platgetrek het.” sê Oom Dawie.

Oom Dawie se plaas is net langs die die Krokodilrivier in die dae toe die  rivier nog sy naam verdien het.

“Daar was mos nou die leeu wat so onder my kallers gewei het. Al om die ander week was ‘n kalf leeukos.

“Ewentwel.” gaan Oom Dawie voort.

“Telkens volg ons die leeuspoor deur die veld tot by die rivier en net daar by die drif, raak die spoor in die water weg. Ons soek stroomop, stroomaf, weerskante van die rivier maar dis asof Ou Vuilbaard in die hemel opgevaar het, so ver het hy met die kalf geswem! Die honne kry ook niks nie, sit net op die oewer en tjank.

Ek sê toe mos vir ou Jonas om by die beeskraal te slaap sodat ons vroeër waarskuwing kry as die leeu se kallerlus te groot word. Die plan is om vinniger op Ta se spoor te kom, vóór hy weer in die rivier wegraak.

Díe slag waarvan ek julle nou vertel, hoor ons mos die kommosie vroegoggend by die kraal. Maar ou Jonas laat niks van hom hoor nie, so ons dink dis ‘n vals alarm.

Toe ek later die oggend by die kraal kom, is daar weer ‘n kalf weg, en ou Jonas ook! Spoorloos.

Ek kry toe al die plaasmense bymakaar en ons gaan soek. Weer loop die spoor by die drif dood. Maar voor ons die rivier oorsteek sien ons mos ‘n tamaai krokkedêl. Die grootste ondier wat ons ooit in daardie rivier gesien het.

Julle sal my nou nie glo nie. Julle dorpsjapies.” sê Oom Dawie.

“Net die krokkedêl se neus en oë steek bo die water uit. Ons moet hom skiet sodat ons die rivier kan oor anders vang hy ons mos. Maar hy moet uit die water uit anders word hy net gekwes en dalk kry ons nie weer kans om te skiet nie.

Ek sê toe vir klein Dawie – hy kan mos so hol en swem – om in die water te plas en die krokodil so kant nader te lok, tot hy op die wal is.

Julle sal my nou nie glo nie. Julle dorpsjapies.” sê Oom Dawie.

“Die krokkedêl is toe agter klein Dawie aan die rivier uit. En net daar op die wal, klits ek die reuse dier agter die blad met my ou Mauser. Deur die hart, morsdood. Een skoot.

Ek besluit om gou die krok af te slag en die vel solank huistoe te stuur, voor dit begin sleg word.

Julle sal my nou nie glo nie. Julle dorpsjapies.” sê Oom Dawie.

“Toe ek die krok oopsny, wat sal ek sien? Eers die leeu se maanhare. Sny verder en toe sien ek dat my koeël die leeu in die nek getref het, swaar gewond maar nog lewendig – maar teen die tyd dat ek die leeu heeltemal losgeny het, was leeu se kind ook bokveld toe. Ek slag toe maar die leeu ook af.

Julle sal my nou nie glo nie. Julle dorpsjapies.” sê Oom Dawie.

“Toe ek die leeu oopsny, sien ek eers ‘n kalf se kop – bedwelmd maar nog lewendig. Ons help toe die kalf versigtig uit maar dis asof die kalf se stert iewers vashaak. Ons trek versigtig om die stert los te kry en toe sien ons wat die probleem is. 

‘n Hand is om die punt van die stert geklem. Net bokant die stertkwas! Dis toe mos ou Jonas!

Julle dorpsjapies sal my natuurlik nie glo nie, “sluit Oom Dawie af, “maar dis die heilige waarheid.

Eendag vertel ek julle van die olifant en die seekoei.”

9 Comments

Filed under Uncategorized

Teen ‘n tuinmuur IV

Een oggend het daar ‘n ruspe teen die tuinmuur verskyn, net die ruspe.

Enkele ure daarna het ‘n klossie geel, syagtige kokonne verskyn. Die ruspe was ongeveer 2.5 cm lank en die kokone sowat 2mm.

Wat gaan hier aan?

‘n Parasitiese wesp het waarskynlik haar eiers binne die ruspe gelê, hier het die eiers uitgebroei en binne die ruspe as larwes gegroei totdat hulle gereed was om die lewende gasheer te verlaat en kokonne te spin. Uit hierdie kokonne sal dan ‘n volgende geslag wespe tevoorskyn kom.

Die drie foto’s hier onder wys die ruspe langs die kokonne, die kokonne met een van die nuwe wespe en ‘n nabyskoot van een van die wespe. Onthou dat die wesp skaars 2mm lank is!

    

Teen ‘n Tuinmuur I,  Teen ‘n Tuinmuur IITeen ‘n Tuinmuur IIITeen ‘n Tuinmuur V

7 Comments

Filed under Uncategorized

As daar ‘n rokie is …

… waai die wind te sterk!

Lees die storie hier: Mail Online

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Selfmarteling?

Wat noem jy iemand wat te veel hiervan eet?

‘n Matzogis, natuurlik!

6 Comments

Filed under Uncategorized

Nog ‘n “terminaal” sieke?

Who, me?

Sy appèl is verwerp en tronk is sy voorland, oftwel staar hom in die gesig soos Die Burger so graag sê. Hy het glo ineengestort toe hy die uitslag gehoor het, en is nou in die hospitaal.

Any odds that we’ll have another “terminally” ill prisoner out on parole recuperating on the golf course?

6 Comments

Filed under Uncategorized

Teen ‘n tuinmuur III

Mevrou Mot het sowat ‘n week gewerk aan hierdie werpsel. Let op die verskillende kleur eiers. Normaalweg is die takie bine enkele ure afgehandel, en word die eiers in ‘n meer sirkelvormige patroon gelê.

Die wit kolle op die vlerke is in werklikheid deursigtige vernsters!

Die harige kleintjies het na enkele dae hulle verskyning gemaak, die meeste eiers het toe uiteindelik babas opgelewer. Die eerste klompie hier het reeds die eierdoppe verslind.

Teen ‘n Tuinmuur I,  Teen ‘n Tuinmuur IITeen ‘n Tuinmuur IVTeen ‘n Tuinmuur V

7 Comments

Filed under Uncategorized

Greenies at the COP(out)17

Apologie aan Bishop Hill en Josh

1 Comment

Filed under Uncategorized