Teen ‘n tuinmuur V

Parasitiese wespe.

Hierdie konstruksie het onlangs teen ‘n buitemuur verskyn. Ongelukkig het ek nie die bouproses waargeneem nie. Die nes is van sand gebou en waarskynlik met speeksel van die bouer vasgemessel. 

Enkele dae later is die selle oopgebreek en het die nuwe geslag wespe die wêreld ingevaar. Hier sien jy die verlate nes.

Ek vermoed dis ‘n wesp wat spinnekoppe parasiteer. Die spinnekop word eers verdoof en dan word ‘n eier in die spinnekop gelê. Die eier broei uit, en die wesplarwe voed op die verdoofde spinnekop, word ‘n papie en kom tevoorskyn as ‘n volgroeide wesp.

Onlangs kom ek op hierdie storie af. Dis het betrekking op ‘n ander wesp spesie, Aphidius ervi wat plantluise parsiteer en illustreer by uitstek die evolusionêre interspesie arms race van meganismes vir aanval en verdediging. 

As jy ‘n kreasionis is, moet jy jouself afvra watter soort “intelligensie” so ‘n bisarre en meedoënlose proses kan uitdink.

Kortliks verloop dinge so:
Die wesp plant een of meer eiers in die plantluis.


Foto

Die wesplarwe broei uit en vorm ‘n laag buiteselle wat direk op die plantluis voed – daar is geen “egg yolk” in die wespeier nie. Die laag selle tree dus op as ‘n soot placenta. Verder versprei somminge van die “plasenta” selle deur die plantluis se ligaam waar die plasenta-selle ensieme afskei wat help om die plantluis af te breek as kos vir die larwe. Die larwe vorm later ‘n papie en die nuwe wesp kom uit die plantluis tevoorskyn.

Dis egter net deel van die storie!

Die plantluis het ‘n immunstelsel wat ‘n mate van beskerming teen die wesp bied. Dis nie al nie – die plantluise dra soms ook ‘n bakteriese besmetting wat die wesplarwe verhoed om te onwikkel. Hierdie bakterium word oorgedra tussen plantluise van ouers na kleintjies en d.m.v. seks.

Die storie verdiep nogeens.

Die bakterium bied net beskerming as dit op sy beurt besmet is met ‘n spesifieke virus. Die virus vervaardig die wesp-toksien wat die wesplarwe aanval.

Nou staan die wesp se evolusionêre ontwikkeling nie stil nie, en die wesp kan bepaal of die plantluis met die bakterium besmet is. Indien nie, plant sy net een eier, indien wel, plant sy twee of meer.

Jy kan hier meer lees oor ‘n parasitiese vlieg wat ‘n ander parasiet parasiteer binne dieselfe gasheer-ruspe.

Teen ‘n Tuinmuur I Teen ‘n Tuinmuur IITeen ‘n Tuinmuur IIITeen ‘n Tuinmuur IV

Advertisements

7 Comments

Filed under Uncategorized

7 responses to “Teen ‘n tuinmuur V

  1. HeavyHenry

    Nice pos en artikel!

  2. TS

    Kan jy nou meer… dankie vir die interessante blog. Hier leer ek altyd iets

  3. sirpsa

    ‘n Riller uit die boonste rakke.

  4. Neffertiti

    Voorwaar ‘n riller tot die dood toe.

  5. rosiemetdorings

    baie leersaam, verwonder my net dat daar mense is wat hierdie tipe van navorsing doen

  6. loudavisi

    Slinkse wesp!Dankie vir nog ‘n leersame skrywe.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s