Nuwe Name

Jy weet dalk dat ek name versamel – veral díe meer of minder pretensieus wat so graag aan ons kinders gepleeg word.

Bv. (Kyk hier)

Déhann
Dei-Donné
Delana
Delandré
Delcaine
Delesté
Deliana
Delize
Dellavon
Delmanique

Maar hierdie is moderne skeppinge. 

‘n Argeoloog van Cambridge het op ‘n, tot nou toe onbekende, taal afgekom. Op ‘n kleitablet het hy op ‘n aantal name ontdek in hierdie taal, vrouename wat geen ooreenkoms toon met die duisende Midde Oosterse name reeds bekend aan navorsers – bv.:

Ushimanay, Alagahnia, Irsakinna and Bisoonoomay.

 

Iets vir díe wat dalk ‘n kinnnerkie op pad het.

Lees meer hier: Dieneke’s Anthropology Blog

 



Advertisements

11 Comments

Filed under Uncategorized

11 responses to “Nuwe Name

  1. loudavisi

    Ek het al die vreemdste name in my klas die afgelope 39 jaar gehad. Een van hulle is Daveruancia…(Dave Ruan cia) Paar snaakses ook soos Vinolia (die lekkerruik seep)Ek hou van jou web blad.

  2. vuurklip

    Dankie, daardie name is nou ook op my lys!

  3. vuurklip

    Daai twee het ek nog nie teëgekom nie. Hulle is nou ook op die lys. Dankie!

  4. loudavisi

    Het jy al opgemerk hoeveel verskillende spellings daar vir Michaela / Mickyla / Micyla / Micaila / Mc Kayla is? Daars nog baie. Ek dink die ouers hoor die naam iewers en as hulle moet gaan naam opgee dan weet hulle nie hoe om dit te spel nie. Ek sien my eie kinders se name is nie op jou lys nie: Irene en John-John….ook nie myne nie: Louise (dit beteken beroemde vegter :D)

  5. vuurklip

    Nee, wat, julle name is te gewoon vir my versameling. En my se ma was ‘n Ludwina, dus ook ‘n vorm van Louise – en ons middelste seun is ‘n Louis …

  6. TS

    Dis interessant … ‘n nagmerrie vir onderwysers en sommige kinders kan nie hulle eie name skryf nie

  7. rosiemetdorings

    as kind het ek skoolmaat gehad wie se ma se naam Wesseline was (bloot vroulik vir Wessel) Vaseline was iets wat ek wel geken het, dus het ek gedink haar ouers het haar na die petroleum jellietjie vernoem

  8. Modigliani

    My ma wou my Chantaliza genoem het. Dankie tog my pa het daai een ge-veto!

  9. HeavyHenry

    Nice – het jy die skakel na die banana tale gesien?

  10. vuurklip

    Het gaan kyk (Banana Languages). Dankie – interressant. Nou dink ek: Juju, JubJub, BafanaBafana, ens.

  11. HeavyHenry

    *grin* – Jaa!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s