Dink eers!

goggasDink eers voordat jy weer ‘n gogga dooddruk/doodspuit of op een of ander manier die ewigheid inhelp.

Daardie vlieg/vlooi/luis/mier, whatever, is lid van ‘n ononderboke, let wel, ononderbroke ketting van lewe wat teruggaan tot die eerste organismes op Aarde, lewe wat miljarde jare gelede ontstaan het.

Kyk dan na die volgende illustrasie. (Klik daarop om dit te vergroot) Dit is ‘n voorstelling van die gemiddelde Aard-temperatuur teenoor grafiekdie koolstofdioksied inhoud (meer hieroor later) van die atmosfeer tydens die afgelope 600 miljoen jaar. Dis duidelik dat ons tans ‘n betreklik koue en CO2  verarmde tydperk beleef.

Gedurende die afgelope miljarde jare is die Aarde gebombardeer deur meteoriete, het die Aarde talle ystyperke beleef, het kontinente saamgekom om superkontinente te vorm en weer opgebreek in kleiner sub-kontinente. Die Son het sowat 20% warmer geword en die Maan is nou verder verwyder as aan die begin. Deur dit alles, oorleef daardie gogga se bloedlyn steeds.

En ondanks al die katastrofes is ons ook hier. So moenie worry nie. Soos die vet ou gesê het:
Eat, drink and be merry, for tomorrow we diet.

Gogga prentjie hier.

Grafiek hier.

[subscribe2]

 

Advertisements

6 Comments

Filed under aardverwarming

6 responses to “Dink eers!

  1. maryna

    Dankie hiervoor @vuurklip. Mense dink nie wat hulle doen nie.

  2. tina10

    Ek spaar soveel lewentjies soos selfs die kleinste miertjie moontlik! Nie dat ek ‘n medalje verdien nie maar ek dink die vernietiging kom my nie toe nie.

  3. perdebytjie

    Elke spinnekop,gogga en mier is welkom hier…haai dit rym! Ek let op dat ons elke jaar al minder en minder insekte het.Ek wens mense wil meer ag slaan op die klein lewe om ons.

  4. vega

    Eks jammer as ek moet kies tussen miere en termiete doodmaak of hulle los om my huis se fondasie te beskadig, dan moet hulle maar die onderspit delf. Gelukkig is daar miljoene meer van hulle as van ons. As jy kyk hoeveel babatjies insekte kry kan ons hulle nie los nie hulle sal oorneem.

    • vuurklip

      Ek sê nie jy moet jammer wees nie! Dit gaan daaroor dat Aardverwarming nie die katastrofe is wat die “nuus” oorheers nie. Die aarde het talle krisisse ondergaan en die blommetjies en die ysbeertjies en die paddatjies is steeds met ons – en ons voorsate het die Dinosaurieërs oorleef.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s