Klap van die Windmeul

[subscribe2]Koerante jubel en die Groenes juig oor die 500+ windmeules wat ons voorland is. Nêrens in die wereld windis hierdie goed lewensvatbaar sonder beduidende subsidies nie Google maar vir die probleme wat Duitsland en Spanje ondervind. Tog word aan ons voorgehou dat in ons geval geen subsidies betrokke is nie. Is ons die wereld nou weer voor? Nee, my vermoede is dat Eskom die windkrag sal moet koop teen ‘n premie, en wie sal die gelag betaal? Ek en jy! En as daai heffing eers gehef is, bly dit gehef, al is die windmeule uitgewerk. What goes up, stays up!

En dit alles om die carbon footprint te beperk. Let op die gebruik van die woord carbon – dit roep die beeld van swart besoedelende steenkool op, ‘n stof wat jou hande en klere vuil smeer. Carbon word doelbewus gebruik i.p.v. koolstofdioksied oftewel CO2 – ‘n kleurlose, reuklose en noodsaaklike komponent van die atmosfeer.

Hoe “gevaarlik” is die huidige konsentrasie van CO2?

Die CO2 in die atmosfeer is die gevolg van verskeie prosesse: Plante neem CO2 op en gee dit af as dit vergaan. Die oseane absorbeer CO2 as dit koud is en stel dit vry as dit warm is. Ons verbrand petrol en steenkool. So is daar meerdere prosesse, o.a. vulkane.  Dis belangrik om te weet dat, volgens pool-ys boor toetse, CO2 volg op verwarming, dws dit word éérs warm en dán volg CO2. Om te beweer dat CO2 verwarming veroorsaak, is soos om te sê: Die Son kom op omdat die haan kraai. Dit ontken nie dat CO2 wel ‘n kweekhuisgas is  nie – maar wel dat dit die klimaat reguleer.

Daar is tans sowat 400 dele per miljoen (dmp) in die atmosfeer. (As dit minder as sowat 200 dpm is sal plante nie meer kan groei nie). Dis moeilik om te visualiseer wat 400dmp behels, kyk dus na die blikkeillustrasie – dit stel 500 verfblikke voor van 5 liter elk, dws 500 x 5 = 2500 liter in totaal. Een van daardie liters is CO2! (1 in 2500 is dieselfde as 400 in 1 Miljoen). Dis die wit stukkie in die laaste blik.

Daar word beraam dat die mens se bydrae tot die CO2 “begroting” sowat 3% beloop. So, van daardie een liter in die laaste blik, dra ons 30 milliliter by. Dis die swart kolletjie op die bodem van die laaste blik. Kan jy dit sien? Kwalik, nè?

As ons nou almal skielik na Mars sou verhuis met al ons vee en hoenders en honde en katte en Range Rovers sodat ons nie meer CO2 toevoeg nie, dan is die vraag: sal dit die klimaat verander as daardie swart kolletjie in die laaste blik sou verdwyn? Sak Sarel!

Advertisements

14 Comments

Filed under aardverwarming

14 responses to “Klap van die Windmeul

  1. perdebytjie

    Ons kan egter nie aanhou steenkool verbrand nie.Hier in Gauteng en op die oostelike hoeveld verstik ons in die steenkoolwalms.Ek betaal liewer ekstra net om weer te kan asemhaal sonder om in ‘n hoesbui uit te bars.Verder moet jy kom kyk hoe is die eens pragtige grasvelde en vleilande verwoes om steenkool uit te grawe.

    • vuurklip

      Alle menslike bedrywe het ‘n impak op die omgewing. Om windmeules te bou moet ook maar gemyn word. Om steenkool te brand is op sigself OK, mits die besoedeling (swael, kwik, as, ens.) uitgewas word. Die “uitwas” is prakties en word reeds gedoen in moderne kragsentrales. Dit is egter nie ekonomies haalbaar om CO2 uit te was nie – en boonop nie nodig nie!

  2. tina10

    As jy dit so verduidelik moet ek met jou saamstem, maar as iemand entoesiasties groen opspring is die entoesiasme aansteeklik … sug…

  3. Henry

    Ag maar ons het dan die Kaapse Dokter wat die goed lekker kan spin – dit sal so mooi wees as die goed soos hare op ‘n hond se rug bo op Tafelberg staan!

    🙂

  4. vega

    Ek dink sonkrag kan soveel beter werk. Windkrag is def te duur. Alhoewel die wind in die Wes Kaap seker heelwat energie kan verskaf. Die Duitsers was dom, want die wind waai nie by hulle nie. In Indië werk die windmeule blykbaar heel goed. Daar gaan blykbaar sonpanele in die Noord Kaap geinstalleer word, tweede beste plek in die wereld na Texas. En heelwat goedkoper.

    • vuurklip

      Die twee grootste probleme met wind- en sonkrag is a) energie dightheid en b) onderbrekings. Daar is baie meulens en sonpanele nodig om genoeg energie op te vang en die wind waai soms nie (soos vandag) en die son slaap snags of dis bewolk (soos vandag). Verder is die beste plekke vir die opvang soms vêr van die gebruikspunt af. Dit dusver is daar geen praktiese manier om krag te stoor nie en gevolglik moet daat bystand opwekking wees van ten minste die kapasiteit wat van wind/son verkry word. Hierdie bystand kan nie deur steenkool of kernkrag verskaf word nie – hulle kan nie op aanvraag aan of afgeskakel word nie. M.a.w. daar moet in elk geval konvensionele krag opgewek word. Bystand met gas (fracking!) is wel prakties.

      Waarom sou ons windmeulens goedkoper wees as die in Texas as die goed in elk geval in Skandinawië of China gebou word?

  5. Bruggie

    n Oop kop is waardevol. Dankie.

  6. danie coetzee

    Daar is kragte agter al die lawaai, wat lekker geld maak uit hierdie emosionele uitbarstings. Goed geskryf!

  7. skaawagter

    Alla wereld!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s