Oor Tendense

[subscribe2]Predictions are difficult especially about the futureNiels Bohrbohr

Ons is geneig om ons voorspellings of vooruitskattings te baseer op tendense wat ons waarneem uit gebeure in die verlede. Ons kan met sekerheid sê dat sulke tendense hoegenaamd geen waarborg is dat so ‘n tendens lei tot geldige vooruitskatting nie. Dit is slegs as oorsaak en gevolg deeglik verstaan word en volledig genoeg bekend is, dat voorspellings met vertroue aangedurf kan word.

In die afwesigheid van die nodige kennis van oorsaak en gevolg, moet jy maar jou skeptiese bril opsit en elke voorspelling met groot omsigtigheid evalueer.

Hier is twee voorbeelde van voorspellings, een wat met vertroue gemaak kan word, en een wat lei tot ‘n tragedie.

  1. Die Son gaan môre oggend opkom.sunrise
    Ons weet dat die Son ‘n ster is wat ongeveer 150Milj. kilometer van ons verwyder is. Ons weet dat die Aarde om die Son wentel asook om sy eie as. Ons is ook redelik seker dat die Son nog baie miljoene jare gaan skyn en dat daar weinig kragte is wat die Aarde in sy bewegings kan stuit. Ons verstaan dat die “sonsopkoms” eintlik net die gevolg is van die aswenteling. Weens die uiters onwaarskynlike kans dat ‘n groot meteoriet ons vandag gaan tref, kan ons taamlik seker wees dat die Son môre gaan “opkom”. Indien nie vir jou en my nie, dan ten minste vir die res van die wereld.
  2. Die boer gaan môre oggend weer mielies strooi.chicken
    Henniekepennie skrop elke dag heerlik op die werf rond, lê ‘n eierjie, kekkel trots en het geen worries nie. Daar is selfs ‘n haan onder die hoenders. Beter kan dit nie. Môre kom Boer Jan weer met handevol mielies en lêmeel. Wat onse Henniekepennie nie weet nie, is dat mevrou Boer net wag tot Henniekepennie lekker vetgevoer is, dan volg die tragedie – altans vir Henniekepennie.Dit illustreer mooi dat die tendens as sulks geen waarborg bied nie – veral as jy nie al die feite tot jou beskikking het nie.

Hou dus maar daardie spesiale bil byderhand.

Advertisements

8 Comments

Filed under aardverwarming, katastrofes

8 responses to “Oor Tendense

  1. tina10

    Dink net hoe erg sou dit wees as Hennie(ke)pennie sou besef wat sou gebeur. Dis hoekom ek reken mens eet nie iets wat jy in die oë gekyk het nie

  2. Carol R @ Losbek

    Stomme hennetjie. Ek sal nie iets kan eet wat ek grootgemaak het nie!

  3. maryna

    Niels Bohr nogal. Jy is tuis in groot geselskap. 🙂

  4. vega

    Interessant, my skoonseun het sopas sy meestersgraad gedoen oor tendense in die finansiele wereld. En bewys dat die ‘past performance van beleggingsfondse glad nie gebruik kan word om te voorspel hoe hulle in die toekoms sal vaar nie en tog gebruik meeste finansiele konsultante die opbrengste van fondse in die verlede om vir mense raad te gee oor hoe om hulle geld te belê.

    • lora2me

      Deesdae weet self die suinigstes en wyses nie waar om hul geldjies te sit nie. Banke is niks werd nie en geldmarkte is net so goed as wat die rentekoers is. Die gebruik van die verlede om voorspellings te maak het gelei tot menige ouer wat vandag te min geld vir hul kinders se studies weggesit het en nie eens die handboeke daarmee sou kon betaal nie. Sanlampolisse en so meer … Ek is dus bevoorreg om nog petrol in my motor te kan gooi en gesnyde brood met ordentlike botter te kan koop….metafories gesproke.

    • vuurklip

      Presies! Niemand kan die volgende Henry Ford, William Shockley, Bill Gates, Steve Jobs voorspel nie – mense wat die verloop van die wereld verander. Om nie te praat van die Hitlers, Mugabes, Bush’s, Mandelas (Die enigste in ‘n positiewe sin) nie. Ons weet skaars wat gister gebeur het – wat nog van die toekoms.

  5. Twaksak

    Tog is groot ekonomiese sektore op waarskynlikheidsvoorspellings gegrond. Daar is ontleders wat sê dis hoekom Islamitiese lande agterbly. Hulle vermy dit, oor wat Allah wil sal gebeur…

  6. Henry

    Hei – as jy nie ‘n wiskundige model het nie – dan is die stats maar so goed as wat jy kan doen, al weet jy dat “post hoc ergo procter hoc” nie noodwendig waar is nie…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s