Hoe om Nobelpryse te wen

[subscribe2]As jy akademies aangelê is, het ek ‘n navorsingsprojek wat byna waarborg dat jy die Nobelprys vir  Fisika sowel as die Vredesprys sal verwerf. As jy dit boonop aan CAGW (Catastrophic Anthropogenic Global Warming) koppel is jy ook verseker van groot geldelike toekennings om die projek te finansier. As jy jou voorlegging goed beplan, is daar ook die geleentheid om die wereld vol te reis (Dink Bermuda Triangle, Machu Picchu, Tibetaanse Tempels, Mount Everest – my mond water).

What is not to like?socks

Ek stel voor dat jy die projek hierdie titel gee:

The Effect of Global Warming on the Mysterious Dissappearance of Single Socks in Modern Washing Machines.

Ja, dit moet in Engels wees ander kan die WNNR (Oeps, dis nou net die CSIR) nie jou voorlegging lees nie. Jy sal beslis ook geld kry van die East Anglia (Engeland) en die Penn. State (VSA) Universiteite. Hulle is groot voorstanders van CAGW soos wat Briffa, Jones, Mann en kie sal bewys.

As ‘n sub-afdeling van die studie kan jy ‘n organisasie loods om al die oorgeblewe sokkies te versamel en aan díe lande te lewer waar burgeroorloë en/of gavalle van ethnic cleansing (mooi eufemisme vir volksmoord, nè?) baie slagoffers met net een been/voet agtergelaat het. Hierdie projek sal jou sekerlik vir die Vredesprys laat kwalifiseer.  As Al Gore en Rajendra Pachauri kan ryk word uit projekte wat die Vredesprys losgeslaan het, sal jy met ‘n ware liefdadigheids projek sekerlik ook sukses behaal. Pachauri se status as “wetenskaplike” en Nobelpryswenner het hom selfs in staat gestel om ‘n outobiografiese(?) soft porn roman te publiseer.

Dink net, twee Nobelle vir die prys van een!

As ek dit self kon doen, sou ek jou nooit hiervan vertel het nie. (Maar ek sal nie nee sê vir ‘n bietjie kommissie as die geld begin inrol nie.)

Foto: Een van my oorgeblewe sokkies wat ek nou al dertig jaar lank bewaar in die hoop sy lang verlore maat weer sal opdaag. Maar ons het nou ‘n nuwe wasmasjien en dus word die kanse al hoe skraler. Maar ek het nog nie moed opgegee nie.

 

Advertisements

12 Comments

Filed under aardverwarming, humor

12 responses to “Hoe om Nobelpryse te wen

  1. tina10

    Ek dink daar is tog ontvangers wat dit waarlik verdien?

  2. skaawagter

    ‘Met die waters wat verby is sal die meule nooit weer maal…’

  3. Bruggie

    Daai sokkie se maat het dalk op n kersboom diens gedoen. n Takbok lief mos sokkies.

  4. adage

    Die ding van sokkies is regtig baie weird, miskien kan n psychic help of dalk is dit n conspiracy ? Behoort dit wiskundig te kan bewys.

  5. Maak handpoppe van die alleenkouse vir die kinders.

  6. Carol R @ Losbek

    Ek wonder ook altyd waar verdwyn die sokkies heen…

  7. Henry

    Dit gebeur net met kommin sokkies – die met bietjie klas bly behoue – navorsing het bewys dat dit die werk van die Papie van die Purple Peasant Sock Eater is – hulle word aangetrek deur helder kleure, en dan kom hulle uit die vyfde dimensie uit, vreet die sokkie en verdwyn weer – en een sokkie is presies genoeg vir ‘n maaltyd.

  8. Hallooo, dit is een late reactie maar als nieuwe volger van dit blog lees ik wel eens terug, en het amusante mysterie van sokken die overal in de wereld hun partner verlaten, is tijdloos en actueel.
    Mijn vraag is, waarom vinden wij het zo belangrijk dat beide sokken die men draagt, gelijk moeten zijn? Echtparen worden gevormd door wederhelften die echter wezenlijk van elkaar verschillen. En onze hersenen zijn ook asymmetrisch…..

  9. Een goed gevonden arghument! Als het wil zeggen dat symmetrie evolutionair beter is, ben ik een achterblijver: over het algemeen trekt asymmetrie mij meer aan.
    Gelieve hieruit niet de conclusie te trekken dat ik een on-evenwichtige persoon zou zijn…..:-) .-

    • In die natuur is daar weinig simmetrie – behalwe ‘b vooraansig soos bv. ‘n gesig. As ons oer-voorgangers dus van so ‘n simmetrie bewus geword het, sou dit beteken dat iets na hulle kyk! En dan moet jy aandag gee indien dit ‘n roofdier is.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s