Monthly Archives: November 2013

Doktersbesoek

pills

Pille

*Doktersbesoek

Dis OK
Sê Dok Van,
Bloeddruk is normaal,
Maar die knie
En die linkervoet …
Ons moet maar eers
Die X-strale bekyk.

Intussen moet jy
Elke dag
Jou pille sluk,
Jou vitamines balanseer,
Jou koolhidrate streng beheer.

Só sal ons saam
Die aftakeling besweer.

25 November 2013
vuurklip

*vuurklip is nie die pasiënt nie

Advertisements

6 Comments

Filed under Allerlei, gedigte, poetry

Tobies: Die nes is leeg!

Gebruik Blog Monitor en volg jou gunsteling bloggers!

 

leeg

Vorige inskrywing oor die tobies is hier.

Maar die nes is nou leeg.

11 Comments

Filed under katastrofes

Poetin stem saam!

Gebruik Blog Monitor en volg jou gunsteling bloggers!

 

HP (Hewlett-Packard) se IT produkte stink. My laptop het ‘n klomp nie-werkende HP sagteware en ek weet nou waarom hulle (HP) ‘n “gratis” printer wegingegooi het toe ek die laptop gekoop het! Die printer en die meegaande programmatuur werk ook nie na behore nie.

Een van die talle probleme van die (WiFi) printer is dat dit soms in “powersave mode” ingaan, en dan nie weer daar uitkom nie – ek moet die se kragprop uitruk en dit dan weer terugdruk. Soms gaan dit nooit in “powersave mode’ in nie en bly ten volle aangeskakel. Die laptop verloor ook gereëld kontak met die printer en dan is dit weer die kragprop triek. Ek noem nie eers al die ander probleme nie.

Onlangs het die laptop begin koors ontwikkel as dit bietjie swaar gelaai word, bv. as dit ‘n volle virus ondersoek uitvoer. Die ding se CPU word dan warm en sodra dit 90 °C bereik, dan kliek! skakel dit heeltemal af. Maak nie saak waarmee jy besig was nie. Morsdood.

laptop

Poetin se Opinie

Op youtube is daar video’s wat wys hoe jy die laptop kan oopskroef om die fân skoon te maak. Toe sien ek wat Mnr Poetin van die saak dink. En jy hoef nie eers Russies te verstaan nie.

5 Comments

Filed under humor, katastrofes

Oosterse dis

Gebruik Blog Monitor en volg jou gunsteling bloggers!

 

nasi_goreng2

Nasi Goreng

Wat was Hitler en sy trawante se gunsteling Oosterse Dis?

Nazi Göring natuurlik!

Hier is ‘n resep vir die regte, egte Nasi Goreng.

5 Comments

Filed under humor

Die Oggendstond …

Gebruik Blog Monitor en volg jou gunsteling bloggers!
goud

Oggendgoud in Simonstad

 

… het goud in die mond!

Vensters in Simonstad weerkaats die oggendson.

9 Comments

Filed under Allerlei

Die Tobies is Terug!

Gebruik Blog Monitor en volg jou gunsteling bloggers!
tobie-12

Tobie-nes

tobie-11

Twee eiers in kamoefleerdrag

tobie-10

Ma (of Pa) Tobie

 

Na sowat twee jaar, is die Tobies terug by hulle skulpnes. Iewers tussen Vishoek en Simonstad, reg langs die treinspoor.

Die nes is die klompie skulpe in die middel van die eerste foto. Die goed gekamoefleerde eiers kan jy nét-nét uitmaak, regs onder teen die rand van die nes. Die wit “sneeu” in die agtergrond is die see.

Die volgende twee fotos is naby opnames van die eiers en ma(of dalk pa) tobie.

8 Comments

Filed under Allerlei

Google laat jou goggle!

Gebruik Blog Monitor en volg jou gunsteling bloggers!

vvv2

‘n Vreemde Vliënde Voorwerp gesien op Google Earth Streetview!

Ek het êrens gelees dat die aliens die aarde se pool-ys laat smelt. As die seevlakke dus styg, het jy hier die bewys dat dit deur aliens veroorsaak word.

Onthou, jy het dit hier eerste gesien.

8 Comments

Filed under humor

Costinko ergo sum

Gebruik Blog Monitor en volg jou gunsteling bloggers!

stink

Die vertaling van die Latynse blogopskrif is:
     I stink, therefore I am.

Nee, nie ek nie*, ek stort elke dag, al dra dit by tot Katastrofiese Mens Veroorsaakte Aardverwarming (wat terloops al die afgelope 17 jaar opgehou het).

Die ou wat stink ter wille van die Groot Bedreiging, is ene Professor Keith Anderson. Dit lyk darem of hy skeer, al bad hy nie te dikwels nie.

Ek sou dink die hittewalms in sy nabyheid mag dalk hoër as normaal wees (gegewe die ekstra mikrobiese aksie), maar as ek jy is, sou ek dit nie self toets nie.

Lees die storie hier:
    Climate Depot

Wat jy ook al van sy (watevrye) gebaar dink, ek moet hom krediet gee: “he puts his money where his mouth is“. Hy het nie (tot onlangs) ‘n yskas nie en hy vlieg nie (baie) nie. Behalwe seker na die IPCC jamborees toe.

*My leuse is: I drink, therefore I am.

9 Comments

Filed under aardverwarming

Kaasgrappie

finkers

Blog Monitor

Vroeger dachten de mensen dat de aarde plat was.

Maar dat klopt niet want volgens Galileo Galilei is de aarde is niet plat maar is hij rond.

Net als een pannenkoek.

Herman Finkers. op Vuisboek

7 Comments

Filed under humor

Blog Monitor

 

blog-logoHier is vuurklip se splinternuwe Blog Monitor.

Jy kan dit gebruik om tred te hou met jou gunsteling Litnet blogs. Dit werk NET vir Litnet blogs!

Kliek eers op die “Registreer” skakel – dis ‘n maklike en vinnige proses en verwag geen persoonlike besonderhede nie.

Traai dit en laat weet van enige probleme.

Vertel jou vriende hiervan as jy daarvan hou – of ook as jy nie daarvan hou nie – dalk hou hulle daarvan!.

Voorstelle vir verbetering en/of ekstra funksies is welkom.

Soos gesê, dis splinternuut en sal gevolglik ‘n paar goggas bevat – hopelik minder as (Uit)Lit(uit)net se Woorddruk!

15 Comments

Filed under Allerlei