Frustrasie

[subscribe2]

frustrasie

Ek weet nie wat meer frustrerend is nie – die ou Lettersmash of die nuwe Woorddruk.

“n Lekker fieture van die ou Lettersmash was ‘n kassie waar jy jou iemyl adres kon intik en dan kry jy kennis per iemyl as daar iets nuuts gebeur.

Die blokbaas het op ‘n slag beduie hoe om so ‘n kassie op jou eie blok te kry (die beduienis het nie gewerk nie) – maar ek wil daai kassie op elke ander ou se blok sien sodat ek kan inteken op die blokke wat my interesseer. Dit behoort by default op elke blok te verskyn.

Ek gebruik nou maar die geel S2 ketoeterkie wat in die editor beskikbaar is en plaas dit bo-aan elke nuwe pos. Dan kan jy ten minste op my blok inteken in die onwaarskynlike geval dat jy dit sou wou doen.

Navraag en/of versoeke by die blokbaas het geen reaksie ontlok nie.

Nou het ek maar my eie programmetjie gemaak, en siedaar! Ek tik net jou blok se adres en ek kry kennis as jy iets pos.

Verskoon maar die mieksture van Afrikaans en Engels maar dis die voorbeeld wat die blokbaas stel. ‘n gemengde gebrabbel waarvan die Afrikaanse vertaling meestal Grieks is. If you get my drift.

 

 

Advertisements

11 Comments

Filed under Allerlei

11 responses to “Frustrasie

  1. danie coetzee

    Het self gewonder oor die kamstige vertaling van die blokwerf. Wonder wie het hulle gedink gaan hulle beindruk daarmee. Ek het gedink dat die blokbaas darem nie daarmee tevrede behoort te gewees het nie, maar skynbaar pla dit haar nie.

    • vuurklip

      Om ‘n Woorddruk wepsaait so hewig aan te pas soos wat Litnet gedoen het, sit nie in elkeen se broek nie. Duidelik ook nie ons opstellers nie!

  2. tina10

    Sommige dae knaag ek my polse af
    Sal jy nie met ons die programmetjie deel nie?

    • vuurklip

      Sal dit heelwat moet uitbrei om dit moontlik te maak – maar as genoeg blokkers vra, sal ek dit doen!

      • vega

        @tina10 kan Litnet dit nie doen nie? Regtig; hierdie is seker nie so ‘n complicated issue nie. (ek weet ek kan my goed vat en loop, maar ek wil graag die ‘vriende’ behou)

  3. lora2me

    Jy’s beslis slimmer as ek, @vuurklip.

  4. Net Ek @ cbl1979

    Ja ek mis ook daai fieture man!

    Ok, ek vra mou mooi ook om dit te deel asb!

    • vuurklip

      Man, dit sal ‘n klomp werk vereis en voor ek dit doen, wil ek eers seker wees dat doe blokbaas die nie gaan doen nie. Maar hy/sy anwoord nie op my versoeke nie. 😦
      Dis soos om met my kat te praat – en ek hét nie eers ‘n kat nie.

  5. skaawagter

    Groot asseblieftog!

  6. perdebytjie

    Julle praat nou Grieks…ek verstaan niks nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s