Die Tobies is Terug!

Gebruik Blog Monitor en volg jou gunsteling bloggers!
tobie-12

Tobie-nes

tobie-11

Twee eiers in kamoefleerdrag

tobie-10

Ma (of Pa) Tobie

 

Na sowat twee jaar, is die Tobies terug by hulle skulpnes. Iewers tussen Vishoek en Simonstad, reg langs die treinspoor.

Die nes is die klompie skulpe in die middel van die eerste foto. Die goed gekamoefleerde eiers kan jy nét-nét uitmaak, regs onder teen die rand van die nes. Die wit “sneeu” in die agtergrond is die see.

Die volgende twee fotos is naby opnames van die eiers en ma(of dalk pa) tobie.

Advertisements

8 Comments

Filed under Allerlei

8 responses to “Die Tobies is Terug!

  1. perdebytjie

    Sjoe,dis darem goed aangepas,om so langs die spoor nes te maak.Tobies is mos ‘n bedreigde spesie.

    • vuurklip

      Sedert daar ‘n verbod is om met raasmasjiene op strande rond te foeter, is hulle getalle aan die toeneem. Maar hierdie paar sal nie daardeur gepla word nie. ‘n Groter probleem vir hulle is die vistermanne, seemeeue en moedswillige mense wat om een of ander rede voel hulle móét land die treinspoor loop. Die trein self “laat hulle koud!”

  2. tina10

    Sjoe sommige voëls is darem dom … as ek ‘n voël was het ek my nessie lekker sag met vere en donsies uitgevoer – hulle is hier sommer in die oopte… wat beskerm die eiers?
    Mooi foto’s soos gewoonlik

  3. lora2me

    So besonders om dit op kamera te kan vaslê.

  4. Twaksak

    Die lied van die natuur… dis nou vir jou MUSIEK!

  5. Net Ek @ cbl1979

    Ek sal nagte wakker lê en bekommer oor die voëls. Ons het so gekloek om die kiewiete by my ou werk. Tot hout om hulle nessies gepak sodat die mense met die grassnyers nie oor hulle ry nie. Maar die katte was net te slim vir ons.

  6. Henry @kompethenry

    Eiesrs steek lekker weg tussen die skulpe…

  7. Pingback: Tobies: Die nes is leeg! |

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s