Nalekoker – Boerneef

Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.

nalekoker

Naaldekoker vanoggend teen ons tuinmuur 

Die kind was lief vir nalekokers vang
bloues en rooies en miskien ook geles
groot aardigheid ril deur sy lyf
vannie bewe vannie nelekokerlyf
ou man staan by donkerrooi blom
ligrooi nalekoker op donkerrooi blom
ou man steek hand uit bewe en tas mis
hy lag verleë vryf sy nek
die mense sal mos dink hys gek
nalekoker
daggaroker
moerskwaai moker
dissie wind
dissie wind geswind
hiert jou nalekoker

Boerneef uit Op die flottina

opgeneem in Boerneef: Versamelde Poësie, Tafelberg, Eerste druk 1977

 

Advertisements

7 Comments

Filed under gedigte

7 responses to “Nalekoker – Boerneef

  1. perdebytjie

    Laurika Rauch het dit gesing…so ‘n pragtige weergawe,waarna my kinders ure geluister het.Jy laat my nou sommer verlang na dinge wat was….

  2. Henry @kompethenry

    Ag sommer nice!

    Boerneef was ‘n yster!

  3. Haha ek het nou Laurika Rauch se stem gehoor terwyl ek dit gelees het.

    Mooi foto.

  4. Carol R @ Losbek

    Wow, wat ‘n nice foto!

  5. blikskottel

    Ek kannie genoeg hiervan hou nie.

  6. tina10

    Ek het ook vanoggend twee gesien op my vroegoggend stappie maar hulle was woers uit my raampie uit

  7. Pingback: À Propos |

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s