Skeppers

Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


christ

Skeppers

God wil ons alle sondes vergewe,
En is besonder gul met vergiffenis.

Hy het begrip
Vir ons sondige natuur.

Het Hy dan nie self die Maagd
Ongevraagd bevrug?

En het Hy nie Sy Eniggeborene Seun
Aan die kruis laat sterf?

En het Ons hóm dan nie
Na Óns beeld geskape?

vuurklip
Sondag, 1 Nov 2009

Advertisements

30 Comments

Filed under gedigte, poetry

30 responses to “Skeppers

  1. tina10

    Dit benadeel so niemand?

    • vuurklip

      @tina
      Niemand

      Dalk, dalk nie …

      • tlr

        @tina10 ek verstaan nie jou kommentaar nie. Wie of wat deur “dit” benadeel word dink ek is buite die sfeer van wat hierdie stukkie kuns is. Dis mos so dat enige vorm van kuns soms kommentaar lewer op sekere aspekte wat die kunstenaar of skrywer waargeneem het. Selde is daar die “intent to harm” …dis gewoonlik persoon
        Ike persepsie wat ons skep op grond van ons eie waarnemings etc. Is ek verkeerd Vuurklip? Nitemin is die waarneming hierin vervat baie interessant nadat ek meer oor die rocker David Draiman se idees oor “deism” gelees het.

      • tina10

        @lines Ek bedoel dat in die lig van godsdiens verskille en die talle sinnelose gevegte die gedig beide kante van die spektrum behoort aan te spreek.

      • tlr

        @tina10 watter sinnelose gevegte aan watter kante van watter spektrums praat jy van?
        Lees weer my vorige comment. My opinie is jy sukkel hier om jou “interpretasie” te skei van dit wat die kunswerk is. Vuurklip se gedig is ‘n waarneming, ‘n vergestalting van ‘n “gevoel” of ‘n “oortuiging” dalk. Dit is wat enige kuns is, ‘n visuele uitbeelding gegrond op ‘n spesifieke inspirasie. In watter versreel sien jy die sinnelose gevegte? Daars 10 waaruit jy kan kies. Natuurlik kan enige kunsvorm lei tot gevegte of kontoverse , maar dit is weer ‘n totaal ander tema. en een wat nie hier van toepassing is nie. Die gedig se struktuur is vir my goed, persoonlik stem ek saam met die “we have created God in our own image(s)” ..in ons skole, kuns, TV programme etc.Maar selfs dit is amper weer ‘n verdere tema. En net ‘n laaste opmerking, dit is ook my opninie dat “behoort” ‘n sinnelose term hier is. Dis soos “moet”. Verduidelik hoe, presies HOE “behoort” hierdie gedig gevegte aan te spreek. En van watter godsdiens verskille praat jy? Dit sal interessant wees om te sien hoe dit prakties toegepas word binne konteks van jou “behoort”:D
        Geen kuns “moet” of “behoort” iets anders te wees as “kuns” nie. Dalk is industriele kuns mbt bemarking ‘n uitsondering? Kuns “kan” dalk so aangewend word, maar dis ook weer ‘n heeeeeel ander tema.

      • tlr

        en ..uhm jammer vir die spelfoute! Hierdie “text-editor” blokkie neuk my rond! hahaha

  2. Godiva

    Omdat ek self nie meer twyfel of wroeg al vir jare nie bevraagteken ek nie ander se oortuiginge nie. Almal hou aan iets vas, of dit nou geloof of rasionele denke of die spagetti-monster is.
    Onthou die juk van kondisionering in ALLE oortuiginge wat vir jare nougeset nagevolg was skud nie maklik oornag van iemand se skouers af nie.
    Nietemin 🙂

  3. hendrikdanig

    moet ons handel na sy voorbeeld en hom vergewe?

  4. exionperfexi

    ongelukkig is die tikfout “stref” , i.p.v. sterf, nie die enigste denkfout in hierdie andersins tegnies goedversorgde vers nie .

    • vuurklip

      @exionperfexi
      ‘n Tikfout (nou reggestel, dankie) is níe ‘n denkfout nie.
      Maar watter “denkfoute” het jou gestref getref?

      • exionperfexi

        @vuurklip.
        Jy is SO reg dat ‘n tikfout hemelsbreed verskil van ‘n denkfout.
        Doelbewuste denkfoute word nie so maklik regggestel nie .
        Genadiglik het die denkfoute waarna ek verwys my hier nie getref nie, maar gelukkig weer net rakelings gemis .
        Die laaste 3 strofes is vrae : as ek mag poog om te antwoord : ~
        1. die maagd was reroepe
        2. Sy Seun is deel van Hom saam met die Heilige Gees , en : ” want SO lief het God die wereld
        gehad . . .”
        3. ek dink dit is bloot vermetel (dom-astrant?) om te redeneer dat Hy wat eerste daar was deur Sy nietige skepsels uitgedink is.
        Steeds is hierdie gedig van jou stimulerend om mense te laat DINK . Dankie . 🙂

      • vuurklip

        @exionperfexi
        1) As sy “geroepe” was, dan het sy per definisie nie ‘n keuse in die saak gehad nie. Tipies van die kerkvaders se paternalistiese uitkyk – wat die vrou as ‘n minderwaardige wese beskou wat altyd tot die man se beskikking moet wees.
        2) Haal liewer die hele Johannes 3:16 aan:
        “Want so lief het God die wereld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het …”
        3) “vermetel/dom-astrant” dalk. Maar die aanname dat net Christelik gelowiges die enigste “waarheid” in pag het, is arrogante hubris en nie minder vermetel of dom-astrant nie.

        Maar dankie vir ‘n beleefde en beredeneerde respons!

      • exionperfexi

        Baie dankie @vuurklip, dat jy my tikfout uitwys, maar dit nie sonder toestemming regmaak deur die modereringsfunksie nie, en dat jy nie sarkasme daarin lees nie, en dat jy dit dan finaal sal beskou as ‘n digterlike solidariteitsgebaar van my kant af.

      • vuurklip

        Laat ons ons nie by diegene skaar wat nie onderling van mekaar kan verskil sonder om te skel nie.

  5. tina10

    @lines Ek hoor baie duidelik wat jy sê en jy is heeltemal reg.
    En as ek Exi se kommentaar lees, is ek verkeerd want dit lyk of hy tog aanstoot geneem het.
    My kommentaar was nie kritiek nie en dit wou nie afbreuk doen aan Vuurklip se gedig nie Ek bloot net die tema aangespreek.

    • tlr

      @tina10 nee, jy hoor dalk duidelik maar na drie antwoorde verstaan jy steeds nie wat ek probeer gorrel het nie. Met elke kommentaar verwar jy my meer want jy gaan haal nuwe besprekings uit…iewers…Ek het mos ‘n hele relaas geskryf oor die ding dat sommige mense gaan aanstoot neem. Uhm …. ons weet dit! Ek weet ook jy het nie afbreuk probeer doen aan iets nie. En Nee. jy het glad nie die tema aangespreek nie, exi het in sy laaste respons. As jy verder hieroor wil redeneer epos my maar. “Quite frankly” is ek nou gatvol vir hierdie redenasie… lekker dag!

  6. maryna

    Goeie konsep, “skeppers”. Daar is mense wat ‘n god skep wat deur hulle gedien kan word, en dan is daar mense wat ‘n god skep sodat húlle deur daardie god gedien kan word. Ek vind die meeste val in die laaste kategorie. Die woord “God” natuurlik afgelei van “Gad”, ‘n Babiloniese godheid, want die Naam is ‘n klank en nie ‘n woord nie en daarom het die ou semitiese alfabet geen klinkers nie, maar nou dwaal ek af.

    • vuurklip

      @maryna
      Dankie vir die terugvoer.

      Ja, en dat die “ou semitiese alfabet geen klinkers [het] nie” lei tot groot probleme met die interpretasie van die ou semitiese tekste.

      • maryna

        Dis nou een onderwerp wat ek nie regtig wil bespreek nie, godsdiens, veral nie hier op die blogs nie. Die blogs is nie-amptelik dood, of wat dink jy? Dankie in elk geval vir die lekker lag hier op jou blog vandag oor die “stref” en die daaropvolgende “reroepe” van jou eie persoonlike spell checker, en vir jou puik poëtiese vernuf en tegniek, al is die inhoud vandag bietjie kontroversieel. 😉

      • maryna

        En die “amen amen” nou? Ek hoop nie iemand bid of preek nou hier vir mekaar nie. Ek vind jou aanwending van hoofletters en kleinletters deur die gedig net baie interessant.
        .

      • vuurklip

        Die “amen x 2” is om aan te dui dat ek niks kan byvoeg by dit wat jy gesê het.

        En die hoofletters/kleinlettes is baie deliberate!

      • maryna

        Ek verstaan jou gedig volkome, en weet dit is baie deliberate. Daarom vra ek oor die dubbel amen, want selfs dit het betekenis. Selfs die grafika is deurtrek met betekenisvolle simboliek, maar jy weet dit. Dankie vir die antwoord op my kommentaar, dis fassinerend.

  7. charly hardy

    Jy is ‘n besonderse begaafde digter sien ek nou.

  8. perdebytjie

    Uitstekende gedig.Laat mens dink!

  9. perdebytjie

    Hoekom moet ek nou ‘n captcha code insit om hier by jou te kommentaar?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s