Met Pase voorhande …

Klik hier vir die NUWE Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


Agnus Dei Lam van God

Agnus Dei
Lam van God

Waarskuwing: As jy bang is om jou geloof te toets, hou liewer verby!

Agnus Dei

Grootdoenerig verskyn die Engel,
Vuur blits uit sy oë
En met vlerke dreigend gestrek
Annunsieer hy:
Wees gegroet Maria
Vol van Genade!
Jy sal jou bene sprei,
En jy sal Hom ontvang,
Die heilige wellustige Ram,
En jy sal Sy vrug dra,
Vir nege maande sal jy dit dra,
En dan verlos word van die Lam,
En Hy sal gebore word in bloed,
En sal só ter slagting gelei word,
En só word vir óns sondes geboet,
En só word óns sondes vergewe.

Maar kan die Ram
Ooit vir Sý sonde vergoed?

©vuurklip
30 Augustus 2009

Advertisements

11 Comments

Filed under gedigte, poetry

11 responses to “Met Pase voorhande …

  1. perdebytjie

    Eish!Jy steek jou kop uit..

  2. die vers is kras. voortvarend . uitdagend. bespottend , en vreeslik eng .

    maar dalk bevredig dit die digter en sommige lesers se frustrasie van die onvermoe om met God te kan praat op ‘n pellie-pellie basis tog effe, asof God ook sondig is ?

    het jy/ julle, geweet dat met die mensbestuurde proefbuisbaba-bevrugtingsmetodiek en kunsmatige inseminasie is daar hoegenaamd ook glad nie enige’ seks’ betrokke nie ?

    🙂

  3. En Maria, nog pure kind, het geen keuse gehad nie.

  4. tantekoba

    Hierdie toets geen geloof nie, dit maak slegs ‘n bespotting van die Christelike geloof

  5. Elly

    Sjoe … okay. Dis nuut. En tog het ek in een van my favourite skrywers (John Eldridge) se boeke gelees dat ons God ook moet vergewe. Natuurlik nie vir verkragting nie (want Hy hef die vrou te veel op om haar so te verneder), maar vir dit wat hy toelaat wat soms in ons lewens gebeur. Omdat ons weet Hy kon dit gestop het, en tog het Hy nie.Die rede hiervoor is natuurlik ondat Hy nooit “eie wil” sal terugneem nadat hy dit aan ons geskenk het nie. En steeds dink ons dis sy skuld. Maar daarom moet ons Hom dan ook vergewe … om onsself weer werklik rein te kan maak.

  6. vuurklip

    @elly, @tantekoba, @exionperfexi, @sirpsa, @perdebytjie:
    Ek sal normaalweg nie ‘n gedig probeer verduidelik nie maar sommige van die kommentaar hier lyk of dit sal help.
    Dit gaan vir my in die gedig oor die ondergeskikte status van vroue in ons moderne samelewing en hoe veral godsdiens daaraan meedoen.
    Bv. in die Rooms Katolieke Kerk is die hele hierargie uitsluitlik mans waar die vroue as nonne die heel laagste sport as “bruide” van Christus beklee, of in sommige Moslem lande waar vroue van kop tot tone bedek moet wees, nie mag bestuur nie en nie sekondêre onderwys mag ontvang nie.
    Hoeveel vroulike dominees, diakens, ouderlinge, moderators ken jy?
    In vanoggend se Cape Times lees ek van vroue in Tunisië wat operasies ondergaan om hulle maagdelikheid te herstel! Vergelyk dit jong manne se seksuele aktiwiteit wat daar beskou word as “oefening” wat lei tot “seksuele volwassenheid”.
    Verder onthou ek die gebruik dat, as daar gaste is, swoeg mevrou in die kombuis vir koek en tee en as sy met die gelaaide skinkbord in die deur verskyn, spring meneer op en neem die skinkbord oor. En wie sal later opruim en terug dra en opwas?
    Onhou dat vroue eers in 1928 in Brittanje stemreg verkry het.
    Hoewel dinge verander, het ons in ons land ‘n veelwywer wat rondslaap en buite-egtelike kinders verwek as president, asook enkele “konings” wat veelwywers is.

  7. exionperfexi

    jammer . ek het dit nie so raakgelees nie. ek het net die lasterikheid aangevoel.

    ek weet van vele vroulike dominees,diakens,ouderlinge en moderators ( wanneer laas het jy bv. Christina Landman se uitsprake gelees ?)

    my eie christelike kerk dominasie is o.a. teen dit wat in Tunisie en in die katolieke kerk en in moslemgeledere gebeur en via die kerk”leiers” baie uitgesproke daaroor sonder om veroordelend te probeer wees want die oordeel kom ons nie toe nie.

    die bybel wat ek lees is deurspek van verse waarin die die deugsaamheid van die vrou besing word … ( Galasiers, Spreuke , ens.) Eva is as gelyke maat vir Adam gemaak en gegee deur die Skeppergod .

    ekself is gelukkig ewe tuis in die motorhuis en in die kombuis.

    Salamo was ongelukkig ook ‘n veelwywer, maar gelukkig meer intelligent om so ‘n komplekse situasie te hanteer 🙂

    dankie vir die vers-uitleg . ek het weer gaan lees , maar steeds net die opvallende lastering as uitstaande daarin beleef .

    ( die moderne vrouebevrydingsbeweging het beslis ook ongelukkig ‘n besliste “down side ” )

  8. exionperfexi

    @vuurklip : tik en spelfout korreksies :- lasterLik , SalOmo.

  9. perdebytjie

    Ek het jou vers so interpreteer,maar my opmerking het bedoel dat jy nou weer links en regs aangeval sou word.Dis ‘n ontstellende werklikheid wat nog lank met die mensdom gaan wees.Exi kan maar bontspring oor hoe die bybel die vrou besing…dis dun en yl gesaai.Die patriargale stelsel voer gruwelik die botoon,veral waar Lot sy dogters uitdeel vir seks.’n Hoer het ‘n vieslike naam,maar die man wat haar dienste gebruik kom skotvry.So kan mens aangaan en aangaan…

  10. exionperfexi

    @perdebytjie : Patriargale stelsels sal maar altyd daar wees. Ook in die toekoms . Maar dit is nie hoe Jesus kom predik het die mens hom/haarself moet uitleef nie . Inteendeel – die vrugte van die Gees was en is meer meer hoe Hy dit wil . Daar is baie negatiewe menslike intriges en gruweldade in die Bylelboek beskryf, as negatiewe voorbeelde wat God beslis nie wil he^ dat ons moet nastreef nie .

    • vuurklip

      @exionperfexi, @perdebytjie:
      Die bybel sê een ding maar ons doen selde wat dit voorskryf.
      Die werklikheid is veel anders en dis waarom dit gaan.
      Die mite van die “immaculate conception” is deur die vroeë kerkvaders uitgedink en is net nóg ‘n voorbeeld van die patriargie wat daarvan uitgaan dat die vrou gehoorsaam, onderdanig en beskikbaar moet wees.
      PS. Hoeveel Christina Landmans is daar?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s