R.I.P. – Sonnet

RIP

Image

RIP

Vredig lê hy opgebaar,
Ontdaan van alle lewensswaar.
Vir sondes is dit al te laat,
Vergifnis vra kan nie meer baat .

Netjies in kispak en das,
Sy hande oor sy bors gevou.
Afgesluit van aardse las
En nagelatenes se rou .

Herinnering is die lyf vooruit,
Het reeds die bodem ingesink
Soos vorigjaar se winterreën .

Sy rekeninge afgesluit,
Die laaste heildronk is gedrink
En nou wag net die laaste seën.

© vuurklip
18 maart 2004

Advertisements

4 Comments

Filed under gedigte, poetry

4 responses to “R.I.P. – Sonnet

  1. Mooi geskryf! Vir ‘n spesifieke persoon?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s