Voorspel

Image

Klein bou ons ons wêrelde
Al spelend’ in die sand,
Sien ons lugkastele
In wolke bo die strand.

Die voorspel tot ‘n toekoms
Wat niemand wil voorspel,
Al lê daar alreeds tekens
Vlak onderkant die vel.

Wat kom is in jou gene,
Onwrikbaar ingebed.

Die Dood woon in jou bene,
Hy asem deur jou mond,
En wit gryns jou skelet,
Vanuit ‘n bloedrooi wond.

© vuurklip

3 Comments

Filed under gedigte, poetry

3 responses to “Voorspel

  1. Kry jy nog boeke om te lees?

Leave a reply to vuurklipVuurklip Cancel reply