Gister

As jy dit op LitnetBlogs gesien het, hou verby.

Gister

Daar is ‘n verre land
‘n Land van lief en leed
Waarin ons veel te veel onthou
En bitter min vergeet.

Daar is ‘n verre land
In ruimte en in tyd
En soveel wat ons daarin doen
Lei net tot selfverwyt.

Daar is ‘n verre land
‘n Land met net ons twee
Na elke uur wat ons daar was
Is daar nog steeds heimwee.

Daar is ‘n verre land
‘n Land van spieëls en glas
Die stempels in ons paspoort wys
Dat ons eens burgers was.

Na daardie verre land
Bestaan geen roete meer
Paspoort en visum het verval
En daar is geen terugkeer.

©vuurklip

Advertisements

10 Comments

Filed under gedigte, poetry

10 responses to “Gister

  1. Het gereblog as jy nie omgee want dit weergee amper my gevoel ook

  2. Zeppie

    Dis hartseer
    Ek dink aan al die mense voor ons wat die land verwerk en gebou het
    Opgebou het en gevorm het

    Wat is daar of wat gaan daar wees van hul drome

  3. Ooo, ek sien jy het reeds daaroor geskryf. Ek wens so ek kon dig, maar al wat ek kan doen, is om ander se gedigte te geniet. Hierdie gedig is verskriklik mooi…

  4. Ek het die skakel gevolg van Frannie se pos af…pragtig geskryf!

  5. Hou van die ekstra versie, stem saam.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s