Ontbloot

dorian

Ontbloot

Ek kyk in die spieël
Na die ou vertroude gesig.
Vertroud soos in bekend,
Eerder as betroubaar.

Ek knik guitig my linkeroog,
Sy regter knik terug,
Die gebaar van ou bekendes
Wat geheime sondes deel.

Ook is daar ‘n foto
Paspoort grootte vir ‘n rybewys.
Helaas, die kamera lieg nie.
En anders as die spieël,
Verraai die foto
‘n Dorian Gray portret.

©vuurklip 16 Januarie 2014

Advertisements

4 Comments

Filed under gedigte, poetry

4 responses to “Ontbloot

  1. perdebytjie

    Die storie van Dorian Gray is nogal ‘n vingerwysing!Goed geskryf.

  2. Tragies dat mens altyd meer die tekorte raaksien as die mooi en goeie?

  3. Wat lieg meer, wonder ek – die kamera of die spieel? Ek is bevooroordeeld, ek hou nie veel van kameras nie. En ek dink die gewoonte om deesdae [ongevraagd] alles en almal met selfone af te neem is gewoon… walglik 🙂

  4. Zeppie

    In die weerkaatsing sien ek myself maar herken my glad nie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s