‘n Boek en Resensies I.

ester

Hierdie is nie ‘n veronderstel om ‘n akademiese verhandeling te wees waar alle stellings met vers en kapittel gemotiveer word nie. Ek maak ook nie aanspraak (anders as wat soveel van ons leiers doen) op egte of verbeelde akademiese kwalifikasies nie. Ek is bloot ‘n gewone leser wat agter die storie aanlees en wat min erg het aan mooiskrywery, lang filosofiese relase of postmodernistiese intertekstualiteit en dekonstruksie (wat dit ookal mag beteken).

Ek het my onlangs laat verlei deur ‘n uiters positiewe resensie van Deborah Steinmair oor die roman Ester. Sy meld onder andere “… Watter voortreflike, wêreldklasskrywers het ons nie …”. Nou ja. Dit herinner sterk aan ‘n sekere tweedeviool rugbykommentator. Die langste twee woorde in sy beskrywingsarsenaal is Australianer en wêreldklas. Al om die hawerklap hoor ons “Wat ‘n speler is dit nie, wêreldklas! Wêreldklas!”. Al is die Bokke aan die verloor teen Japan of Timboektoe (Vra vir Hennie Auckamp waar dit is).

Ongelukkig het ek eers nadat ek die boek aangeskaf het (R150 by Amazon vs R176 by Kalahari) , twee verdere (ophemelende) resensies opgespoor. Een deur me. Joan Hambidge. Meer daaroor later. Die Hambidge resensie moes dadelik gevaarligte laat flikker het. Sy het immers ‘n bewonderende lofsang geuiter oor die boek Moltrein (deur Dan Roodt – ja díé Dan, Steve se boesemvriend) en ge-eindig met “I was gob smacked” – nie my soort frasering nie – maar dit was die clincher om my die boek laat koop. Die ander resensie deur Dewald Koen laat my koud.

Moltrein. Nou kyk. ‘n Klomp postmodernistiese verwysings na Franse postmodernistiese skrywers en/of filosowe waaraan net postmodernistise ingewydes tot die postmodernistiese binnekringe hulleselwers kan verkneuter maak myns insiens nie ‘n goeie boek nie. ‘n Intelligente dialoog tussen verskeie standpunte kan waarde byvoeg, maar bloot verwysings? Nee dit werk nie vir my nie Dis net brag vir die in-kliek.

Bowedien is die boek (Moltrein) ‘n sameflansing van intieme episodes van cunnilingus (koekiekou vir julle oningewydes)  wat vir hierdie leser oorkom as die wensdrome van ‘n seksueel gefrustreerde, middeljarige man.

Dit val my nou by dat beide Moltrein en Ester grootendeels op ‘n trein afspeel. In beide ‘n oormaat seks, in grafiese (vir hierdie leser is daar te min aan die verbeelding oorgelaat) detail. Wat sê dit van die (Hambidge) resensent?

Lees Deel II

Advertisements

6 Comments

December 10, 2014 · 11:23 pm

6 responses to “‘n Boek en Resensies I.

  1. Ag, ag soos my oorle Ma sou sê..ek het my ‘verkneuter’ (dit bly vir my die lekkerste woord ooit) in hierdie blogskrywe ; nie dat ek Ester gelees het nie en nie dat ek ooit Kerneels Breytenbach lees nie. Ook maar resensie in Koerante gelees, soms het mens ‘n objektiewe mening nodig.

  2. Ek het in der jare nie n afrikaanse boek gelees nie. Maar ek geniet wat jy skryf 😉 En nee ek is nie van plan om die boek aan te skaf nie want hierdie anders wil wees van die afrikaanse skrywers is weer dieselfde in n ander kategorie.

  3. Eerstens – gaaf om te sien dat jy die ‘verkneuter’ en nie ‘verkneukel’ nie, gebruik. (En nou wonder ek skielik of ek nie moet gaan seker maak oor die verskil nie). Moet sê, die resensies van die boeke kan nogal misleidend wees, maar resensies deur (k)akademici (‘skies, dalk het ek ‘n tjippie op my skouer) gee my dieselfde gevoel as wat ek kleintyd op ‘n klipharde kerkbank gevoel het wanneer die dominee in sulke hoogdrawende taal gepreek het – naar. En nou wil ek nie hierdie in ‘n bloginskrywing verander nie, dus sal ek maar hou by: nou’s ek nuuskierig. Om jou gedagtes oor die res te lees. Voetnota: Ek was maar nog altyd buite die ligkring, dalk is dit dié dat ek naar word…

  4. Pingback: ‘n Boek en Resensies II | vuurklip

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s