Monthly Archives: March 2015

Die dag se oes.

Hier naby ons is daar ‘n ou uitgewerkte gruisgat wat nou deur ‘n skietklub en verskeie ander instansies gebruik word om van hulle frustrasies ontslae te raak – of dalk om hulle aggressiewe neigings aan te hits. Hier word naamlik geskiet, en geskiet en nogmaals geskiet.

Ons gereëlde draf- en staproete loop langs die hoofweg tussen Simonstad en Vishoek en deels onderkant die gruisgat. Soms klink dit soos die Boereoorlog all over again.

Vandag se oes

Nou gebeur dit dat feitlik op elke staptog, ek een of meer koeëls optel. My versameling beloop reeds sowat ‘n kilogram of twee met ‘n paar honderd eksemplare.

 

Hoe de joos kry die skieters dit reg dat soveel koeëls in die straat en op die sypaadjie beland. As ek eendag ophou blog moet jy weet een van die skerwe het my getref.

Enkele eksemplare

 

 

Advertisements

5 Comments

Filed under Allerlei

Winterreise

solstice

Winterreise

Sneeu skif teen die hoogtes.
Die Son struikel op na die middaguur.
‘n Lang somer se spore word toegesneeu.
Die lente net ‘n vae herinnering.

Die dag-en-nag ewening is verby
En die sonstilstand is hier om te bly.

©vuurklip
2 Maart 2015

Winterreise – ‘n Lieder siklus van Franz Schubert.
Dag-en-nag ewening – Equinox.
Sonstilstand – Solstice. Hier die Winter Solstice.

 

8 Comments

Filed under gedigte, poetry