Die dag se oes.

Hier naby ons is daar ‘n ou uitgewerkte gruisgat wat nou deur ‘n skietklub en verskeie ander instansies gebruik word om van hulle frustrasies ontslae te raak – of dalk om hulle aggressiewe neigings aan te hits. Hier word naamlik geskiet, en geskiet en nogmaals geskiet.

Ons gereëlde draf- en staproete loop langs die hoofweg tussen Simonstad en Vishoek en deels onderkant die gruisgat. Soms klink dit soos die Boereoorlog all over again.

Vandag se oes

Nou gebeur dit dat feitlik op elke staptog, ek een of meer koeëls optel. My versameling beloop reeds sowat ‘n kilogram of twee met ‘n paar honderd eksemplare.

 

Hoe de joos kry die skieters dit reg dat soveel koeëls in die straat en op die sypaadjie beland. As ek eendag ophou blog moet jy weet een van die skerwe het my getref.

Enkele eksemplare

 

 

Advertisements

5 Comments

Filed under Allerlei

5 responses to “Die dag se oes.

  1. scrapydotwo

    Dit is beslis nie baie veilig nie! Wees mar versigtig

  2. Sjoe, dis omtrend naby die dorp. Van daardie koels lyk nogals ook of dit uit die Anglo Oorlog kan kom. (Wat weet ek nou tog van sulke goeters af, kan skaars kettie skiet!)

  3. Link vir my na ‘n gevaarlike roete daardie.

  4. Dit is beslis nie veilig nie en moet dalk onder die stadsraad se aandag gebring word. Voordat iemand of ‘n dier per ongeluk dood geskiet word. Ek het niks teen vuurwapens nie, mits die gebruik verantwoordelik is. In hierdie geval is dit nie verantwoordelik nie.

    • Ons het dit aan die polisie gerapporteer – ‘n offisier het gaan loer en laat weet “daar is niks om oor bekommerd te wees nie”.

      Net gister was my oes weer vyf koeëls …

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s