Monthly Archives: April 2015

Treinreis

locoTreinreis

Knus in ons koepee,
Op die groen leerbanke van weleer,
Reis ons saam
Na ‘n bestemming ver, ver weg.

Die stasies agter ons
Is net ‘n vae herinnering,
Die ander stasies
Nog ver in die verskiet.

Ons leef net vir die suisende wind,
Die bruisende stoom,
Die bollende rook
En die dawerende wiele op die spoor.

Laat die eindpunt maar kom!

©vuurklip
22 April 2015

Advertisements

2 Comments

Filed under gedigte, literature, poetry

Changing Lightbulbs

How many Chinese are needed to change a light bulb?

chinese

All 1.375 billion of them!

Because “many hands make light work

Leave a comment

Filed under humor, humour

Vir die ouer garde

Richie Benaud, die Australiese krieketlegende het verhuis na die big oval in the sky.

Hier sien jy een van die Ronnies as Richie – as jy die Ronnies ken behoort jy dalk ook tot die uitgelese wrinkly span. Die ander persoon stel Peter May voor – die Britse kaptein van weleer. Die kommentator laat my dink aan die inimitable Charles Fortune.

Onthou jy hulle?

3 Comments

Filed under Allerlei, humor, humour

Gesien in Vishoek

Kwaai oom Krap en sukses vir die treknet vistermanne – maar die geelsterte spartel tevergeefs …

Kwaai, nè? Asof die knypers jou nie genoeg afskrik nie.

‘n Deel van die spartelende vangs

‘n Vis op droë grond!

5 Comments

Filed under Allerlei

Napier, weereens …

Ons kuier lekker

Ons kuier lekker!

Ek bang nie daai %&$#@ kat nie!

Ek bang nie daai %&$#@ kat nie!

Daai waarskuwing is vir my. So watch your step!

Daai waarskuwing is vir my. So watch your step!

Engel I

Engel II

Three's company ...

Three’s company …

Wie het nie die bad uitgewas nie?

Wie het nie die bad uitgewas nie?

Daar's water!

‘n Waterslang!

022

Laventelhaan in die roosmaryn

 

15 Comments

Filed under Allerlei

Windfoefies.

Ek het nou al baie gelees oor windturbines wat “gratis” wind gebruik om elektrisiteit in betekenisvolle hoeveelhede te lewer. Maar as daar een bedryf is wat illustreer dat wind nie ekonomies ingespan kan word nie, dan is dit skeepvaart.

Die redes waarom dit nie ekonomies vir skeepvaart is nie, is grootliks dieselfde as waarom dit nie prakties is vir die opwekking van elektrisiteit is nie.

Een van die grootste nadele is dat wind wisselvallig is – daar moet dus steeds motore wees wat ingespan kan word as die wind te swak (of selfs te sterk!) is.

‘n Redery kan net nie bekostig om ‘n groot skip langer as nodig op die water te hou nie. Elke onnodige dag kos miljoene aan salarisse, verlore inkomste omdat minder vrag vervoer word weens minder spoed, swakker opbrengs op kapitaal investering, swakker posisie t.o.v. kompetisie en waarskynlik nog ander negatiewe gevolge.

Boonop moet so ‘n skip dan ook ‘n dubbele aandryf sisteem hê: een vir wind en ‘n konvensionele sisteem. Dink aan die onderhoud en ekstra personeel benodig as twee komplekse sisteme aan die gang gehou moet word. Moenie dink dat windkrag op ‘n groot skip sonder komplekse rekenaar stelsels bedryf kan word nie – nóg ‘n addisionele koste.

Kortom, as dit moontlik is om skeepvaart ekonomies met wind aan te vul, sou dit gedoen word!

Die enigste manier waarop dit tans vir op land ektrisiteit ingespan word, is met behulp van reuse subsidies – waarvoor die gebruiker (dis ek en jy) uiteindelik betaal.

16 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, global warming, klimaatverandering, Renewable Energy, Sustainable Energy

Skokkende Nuus!

choking

Gebrek aan Suurstof!

It’s worse than we thought!

Die Britse Universiteit van East Anglia het sopas in ‘n nuwe studie aangekondig dat CO2 nie meer die grootste bedreiging vir klimaatverandering inhou nie.

Weens ons ongebreidelde verbruik van fossielbrandstof is ons besig om die Aarde se suurstof voorraad ernstig te knou.

As die oormatige verbruik van Fossielbrandstof teen die huidige pas sou voortduur sal ons binne die volgende 50 jaar almal versmoor!

Lees die studie hier.

11 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, global warming, humor, humour, katastrofes, klimaatverandering