Windfoefies.

Ek het nou al baie gelees oor windturbines wat “gratis” wind gebruik om elektrisiteit in betekenisvolle hoeveelhede te lewer. Maar as daar een bedryf is wat illustreer dat wind nie ekonomies ingespan kan word nie, dan is dit skeepvaart.

Die redes waarom dit nie ekonomies vir skeepvaart is nie, is grootliks dieselfde as waarom dit nie prakties is vir die opwekking van elektrisiteit is nie.

Een van die grootste nadele is dat wind wisselvallig is – daar moet dus steeds motore wees wat ingespan kan word as die wind te swak (of selfs te sterk!) is.

‘n Redery kan net nie bekostig om ‘n groot skip langer as nodig op die water te hou nie. Elke onnodige dag kos miljoene aan salarisse, verlore inkomste omdat minder vrag vervoer word weens minder spoed, swakker opbrengs op kapitaal investering, swakker posisie t.o.v. kompetisie en waarskynlik nog ander negatiewe gevolge.

Boonop moet so ‘n skip dan ook ‘n dubbele aandryf sisteem hê: een vir wind en ‘n konvensionele sisteem. Dink aan die onderhoud en ekstra personeel benodig as twee komplekse sisteme aan die gang gehou moet word. Moenie dink dat windkrag op ‘n groot skip sonder komplekse rekenaar stelsels bedryf kan word nie – nóg ‘n addisionele koste.

Kortom, as dit moontlik is om skeepvaart ekonomies met wind aan te vul, sou dit gedoen word!

Die enigste manier waarop dit tans vir op land ektrisiteit ingespan word, is met behulp van reuse subsidies – waarvoor die gebruiker (dis ek en jy) uiteindelik betaal.

Advertisements

16 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, global warming, klimaatverandering, Renewable Energy, Sustainable Energy

16 responses to “Windfoefies.

  1. V. Uil

    Sage words. There are two groups who support wind power and indeed alternative energy in general: the emotional liberals who have minimal logic and no science or engineering in their thought processes (it is all about ‘saving the planet’) and the cynical entrepreneurs who cleverly milk the subsidies from governments around the world.

    A classic case is that well known ‘ou’ from Pretoria, Elon Musk (yslik what an SA name) who runs Tesla the darling of the emotional – save the planet left – liberal glitterati. The Tesla car is beautiful, but only has a range of 400km and then needs a 7 hour recharge. (A bit crappy for a $100,000 car I am sure you’ll agree.)

    Alas Tesla is not profitable though the stock zooming up. But those Obama subsidies just keep rolling in. And Musk and his shareholders just love that. Taxpayer money going to your bottom line.

    • Jip. Tesla! There was some stink some extra subsidy which can be earned if the car can demonstrate automated bettery swop. The demo seemed to be fake. An automated swop would eliminate the charge delay – you could drive into a service station and have your batteries swopped in minutes. But who wants to swop a new set for some other person’s old batteries?

  2. Jip, lyk my elke silwer randjie het tog ook maar ‘n donker wolkie!

  3. HesterLeyNel

    Ek het toevallig so pas ‘n paar artikels gelees oor kritiek teen windturbines – die graas wat hulle veroorsaak, onderhoudskostes, ontsiering van die omgewing, die gevaar van brand wat ontstaan in die aandrywingstoerusting, ens. Dis nogal insiggewend vir ‘n leek soos ek.

      • HesterLeyNel

        Eish! Kan jy nou dink as dit gebeur in ons droë dele en die natuurlike plantegroei raak aan die brand? Ag nee man. Ek dink buitendien hulle gaan so baie van die goed op een kol moet oprig dat dit in elk geval die natuurskoon gaan benadeel.

  4. Daar is mense in die Tankw Karoo wie klein windpompies gebruik om batterye te laai wat dan vir hulle padstal krag voorsien. Dis wat hulle moes doen, want daar is nie krag daar nie. Tot op hede werk dit goed. Ek hou van die skoon energie gedagte maar dit gans te duur om te instalileer. Die sonenergie tuinliggies moet maar doen vir eers!

  5. Niks kom by ‘n windturbine om geveerdes en vlermuise op te kerf nie.Dan is daar ook nog die massas energie wat verbruik moet word om die turbine te vervaardig en dan natuurlik die batterye ook elke paar jaar te vervang.Dit kan bloot as sekondere energie gebruik word.

    • Batterye kan met huidige tegnologie nie ekonomies gebruik word om windkrag te stoor nie. Dit sal beteken dat jy meer energie moet insit as wat jy uitkry. (Google EROEI: Energy Return On Energy Input).

      As die wind nie waai nie, trek die turbines krag uit die grid om te bly draai. Hulle is so groot en swaar dat die bearings verwring word as hulle nie draai nie. In koue lande trek hulle ook krag om te verhoed dat hulle verys.

      Boonop moet daar konvensionele backup kragstasies wees. En as dit steenkool- of kernkrag is, kan hulle nie vinnig op dreef kom om in te staan as daar geen wind is nie. Hulle bly dus draai en oortollige krag word vermors. Al wat praktiese backup kan verskaf is gasturbines en/of diesel wat vinnig op dreef kan kom.

      Geen van hierdie faktore word openbaar as daar aan ons vertel word hoe wonderlik windkrag is nie.

      • Jip ek stem saam.Ek lees heeltyd daar op Steven Goddard se blog.dan word ek sommer kwaad as ek sien hoe almal ‘n rat voor die oe gedraai word oor aardverhitting.Ek voel egter.daar moet gesoek word na skoner energie,veral as ons in die winter hier op die hoeveld,verstik in die rook van die kragstasies.

      • Ja, die besoedeling. Dit word net opgelos in welvarende lande wat genoeg kapitaal het vir kernkrag en/of tegnologie om die besoedelende komponente van fossielbrandstof uit te filter. CO2 is nie gevaarlik nie en hoef nie uitgefilter te word nie.

      • Inteendeel dit laat plante lekker groei!

  6. Soos ek dit sien, is min dinge wat groen lyk, werklik groen – alles het sy prys. Hetsy vernietiging van voëllewe, besoedeling in die lug, ontsiering van die natuur, uitroei van bome. Die volmaakte elektrisiteit/energieverskaffing moet nog ontdek word

  7. Ons leef in’n Miekiemuis Landjie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s