Monthly Archives: August 2015

Hot air?

hot-air

Ek lees die Hollanders gaan binne drie jaar alle treine op windkrag laat loop!

Het hulle vergeet hoekom hulle die beroemde windmeulens met elektriese toestelle vervang het: Die wind waai nie al die tyd nie.

Een van die belangrikste gebruike van die ou windmeulens was om water uit die polders na die see te pomp.

Dink jy hulle sal weer hulle skepe na seilskepe oorskakel? As hulle spoormanne seemanne was, sou hulle dan steeds dink treine kan betroubaar met wind aangedryf word?

Advertisements

7 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, global warming, klimaatverandering, Renewable Energy

Die skaam orgidee

Hier is nog ‘n paar voorbeelde. Kyk ook hier  en hier.

Die grasveld waar hulle voorkom is sowat 50m x 100m en daar is verbasend baie kolle waar enige iets van 1 tot ‘n paar honderd individuele plante voorkom.

Die grasveld word deur ‘n voetpad in twee gedeel en die orgideë kom nét aan die suidekant voor.

Dit lyk vir my leke oog na die Satyrium bicorne, aldus my kopie van Mary Maytham Kidd in die 1973 uitgawe van Wild Flowers of the Cape Peninsula.

?

4 Comments

Filed under Allerlei

Orgidee

Soos hier beloof, die eerste orgidee van die seisoen.

Sal later kyk of ek ‘n beter foto kan neem.

?

Detail van die blom is in die onderste foto.

?

Ongeveer vier keer die werklike grootte.

1 Comment

Filed under Allerlei

Slagting!

snous

“The Great White Hunter” – wonde toegewerk nadat ‘n reuse Duitse Herder haar verskeur het. Gelukkig het sy volkome herstel.

slagting-2

Jaarliks bly ‘n aantal ystervarke hier in die slag. Die bloedkol op die pad is al wat oorgebly het van die mees onlangse slagoffer. Die eerste van twee wat binne enkele weke getref is.

slagting-1

Oorblyfsels van die tweede slagoffer.

4 Comments

Filed under Allerlei, katastrofes

Weet jy?/Do you know?

Waar dit is?/Where this is?

Antwoord môre/Answer tomorrow.

Mars

Mars2

6 Comments

Filed under Allerlei

Middeldeur!

Hoe om ‘n appel te deel …

appel

Tot die steeltjie middeldeur!

13 Comments

Filed under Allerlei, humor humour

Sjuut!

Amptelik het die lente nog nie aangebreek nie – maar niemand het daaraan gedink om die blomme te waarsku nie!

lenteblomme

Suuringkies

4 Comments

Filed under Allerlei