Hot air?

hot-air

Ek lees die Hollanders gaan binne drie jaar alle treine op windkrag laat loop!

Het hulle vergeet hoekom hulle die beroemde windmeulens met elektriese toestelle vervang het: Die wind waai nie al die tyd nie.

Een van die belangrikste gebruike van die ou windmeulens was om water uit die polders na die see te pomp.

Dink jy hulle sal weer hulle skepe na seilskepe oorskakel? As hulle spoormanne seemanne was, sou hulle dan steeds dink treine kan betroubaar met wind aangedryf word?

Advertisements

7 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, global warming, klimaatverandering, Renewable Energy

7 responses to “Hot air?

  1. hehehehe onthou jy die karretjie met die seil op die spoor?

  2. Essie

    Wat is fout daarmee om windkrag te gebruik? Dit spaar tog geld as jy nie hoef brandstof te koop nie.

    • Soos gesê, die wind waai nie altyd nie. Wind is ‘n lae digtheid bron, jy moet baie turbines oprig om die bron te ontgin. Daar is ook ander kostes verbonde aan die ontginning – soos bv. reserwekrag wat dadelik beskikbaar moet wees as die wind ophou waai.

      Steenkool is ook “gratis” in die sin wat wind “gratis” is. Niemand het steenkool gemaak nie. Maar daar is ‘n koste verbonde aan die ontginning. Net soos daar kostes is vir die ontginning van wind.

      Soos Buffett sê, belegging in wind energie maak net sin as dit subsidies trek.

      As wind regtig met steenkool kon meeding, sou daar geen subsidies nodig wees nie – en sou lande soos Duitsland en Noorweë nie die duurste energie pryse gehad het nie.

      Gaan ook na hoe turbines voëls en vlermuise affekteer.

  3. Essie

    Dink jy dit is die moeite werd om windenergie-tegnologie te ontwikkel sodat dit in die toekoms meer bekostigbaar as steenkool kan wees?

    • In beginsel, ja, beslis. Die probleem is dat daar ‘n beperkte hoeveelheid energie per vierkante meter in wind opgesluit is. Met huidige tegnologie word reeds naby die limiet van wat fisies moontlik is, ontgin. Verdere verbetering is tegnies moeilik indien nie onmoontlik nie. Kyk maar hoe groot is moderne turbines. Hulle is reeds naby die limiet van wat moontlik is vir daardie ontsaglike lemme en turbines. Groter lemme plaas soveel druk om die lemme self dat hulle sal breek. Die toring self kan ook net ‘n beperkte grootte lem steun. Die turbine is so swaar dat die koeëllaers vervorm as die lemme nie draai nie. Met die beperkings van moderne materiale en die kostes van sulke super materiale is ons tans by die limiet van wat moontlik is. Tensy daar groot deurbrake gemaak is mbt materiaal, sal windkrag nie veel goedkoper word nie. Die enigste manier om meer krag uit wind te ontgin, is méér turbines. Ons is gelukkig (!?) om 7 biljoen mense op aarde te hê – dit beteken dat daar sommer baie slim mense is, Sommer baie slim! Daar is ‘n reuse mark vir energie, elke mens op aarde gebruik dit en as daar ‘n groot mark en of behoefte bestaan, sal die slimmes alles probeer om dit te ontsluit. Dis hoekom die wêreld vandag soveel anders is as net 100 jaar gelede. Tot dusver kon niemand daarin slaag om windkrag sonder subsidies in te span nie. Die een wat dit wel kan doen sal die wêreld aan haar/sy voete hê.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s