Mayo Schmayo

Vuurklip het ‘n broertjie dood aan mayonnaise. Dis daai grillerige, bleek, onsmaaklike sous.

Teen die muur van die Monocle and Mermaid, ons gunsteling koffiekroeg in Simonstad, is hierdie opgeplak:

no-mayo

Dit beskryf my gevoel met die presisie van kwantumtermodinamika: dws akkuraat tot twintig desimale.

Die restaurant word bedryf deur ‘n paar jongmense met ‘n heerlike aweregse humorsin. Besoek hulle gerus in Simonstad!

 

Advertisements

6 Comments

Filed under humor, humour

6 responses to “Mayo Schmayo

  1. Hier gesels ons steeds van ‘man en muis’ die jongste se kleintyd benaming- ek’s bevrees al is hy reeds 30 eet hy dit net so op ‘n toebroodjie sonder enige ander smeermiddel. Slaaie so toegegooi daarmee maak my so moedeloos nes ‘n koek wat so rondom met versiersuiker gekamofleer word- jy weet nooit wat tref jy nie.

  2. Laat my dink aan die manier wat mense Aromat gebruik – op ALLES. Dis so ‘n valse bysmaak.

  3. Sulke souse oor kos is ‘n belediging vir die kok!Dit grief my ook vreeslik.

  4. Ek wil daarby voeg, vleis, wat gaargemaak, gebraai, gekook, op watter manier ook al, met die wêreld se kruie, speserye en allerhande ander geurmiddels, dat jy op die end glad nie die vleis proe nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s