Vir die Sterrekykers

Globular Clusters.

Hierdie een is met die blote oog sigbaar by die V & A Waterfront in Kaapstad. 🙂

globular

Daar is een ander so ‘n globular cluster waarvan ek weet wat jy met die blote oog op ‘n donker nag kan sien en dié is geleë in die sterrebeeld Centaurus. As jy die Suiderkruis kan vind, sal jy Centaurus maklik kan uitken. Probeer gerus. Die globular cluster hier is bekend as Omega Centauri. Sterre in sterrebeelde word gelys in orde van helderheid. So is Alpha Centauri (ook bekend as Proxima Centauri) die helderste ster in die Centaurus beeld – een van die Suiderkruis se wysers. Dit is ook die naaste ster aan ons – so ongeveer 4.25 ligjare verwyder.

Met die blote oog is Omega Centauri net ‘n dowwe sterretjie maar selfs met ‘n gewone verkyker sien jy dat dit nie net die ligpuntjie van ‘n ster is nie. Deur ‘n behoorlike teleskoop lyk dit so:

omega_centauri_by_eso

Talle sterre is vernoem deur Arabiese sterrekundiges. Kyk na die lys hier.

Aangesien dit nou donkermaan is, is vanaand ‘n goeie geleentheid om die sterre te bekyk.

Advertisements

5 Comments

Filed under Astronomie, Astronomy, Sterrekunde

5 responses to “Vir die Sterrekykers

  1. Sug … hier in die Noorde sien ons nie eers die son bedags nie en ons dra al vir 3 weke ‘n baadjie vir die koue.

  2. Heerlik om na die sterre te kan kyk. Sterre en Planete op RSG is een van my gunstelingprogramme – dis net jammer dis so kort.

  3. Dis een ding wat ek mis van my grootworddorp – die oop lug met die sterre wat helder skyn. Ongelukkig is ek te stoepit om die verskillende sterrebeelde te identifiseer, maar ek onthou nog steeds hoe mooi dit was.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s