Orgideë Mei 2018

Die eerste plantjies het pas hulle verskyning gemaak. Die sade ontkiem in Mei en die plante blom in September.

Ons sal maar moet sien hoe die plante vanjaar vorder gesien die huidige droogte wat nog lank nie gebreek is nie.

Verlede jaar (2017) was ‘n goeie jaar – baie plante en blomme.

Die jaar daarvoor (2016) het baie plante opgelewer maar +/- 80% van die blomstingels het gevrot voordat blomme kon vorm. Waarskynlik weens ‘n kombinasie van koue weer en reën op die verkeerde tyd.

orgidee 2018

Dit lyk vir my leke oog na die Satyrium bicorne, aldus my kopie van Mary Maytham Kidd in die 1973 uitgawe van Wild Flowers of the Cape Peninsula.

Meer hier en hier.

 

 

6 Comments

Filed under Orchid, Orgidee

6 responses to “Orgideë Mei 2018

  1. Ek het geen sukses met orgididee nie.😝Ek dink ek is te ongeduldig. Hoop joune lyk mooi hierdie jaar.

  2. skaawagter

    lekker draf/stap?

  3. Die Tygerberg orgidee-klub het die naweek by Tygervallei ‘n uitstalling en verkope gehou. Ek het amper my kamer gaan haal. Het dit in my kop gekry om ‘n foto te neem van die hele plant en dan ‘n makro-foto van ‘n blom. Die variteit was op die plante aangedui. Dus was dit ‘n geleentheid vir ‘n werklike leek soos ek om beskeie nie-leek soos jy te beindruk. Ongelukkig het ek nie die kamera gaan haal nie.

Leave a reply to skaawagter Cancel reply