Sorry, Heisenberg!

Werner_Heisenberg

Eat your heart out, Werner, you  missed this one!

Vuurklip’s Uncertainty Priciple:

In die lewe is niks seker nie:
nie die dag van jou dood,
of die waarde van pi.

Verklaring:
Jy sal seker nie stry dat die dag van jou dood in onsekerheid gehul is nie.
Maar het jy daaraan gedink dat die waarde van π in beginsel nie presies bepaal kan word nie? Dit is omdat π   ‘n sogenaamde irrasionele getal is. D.w.s. die gedeelte ná die desimale punt is oneindig lank en níe herhalend. Die presiese waarde van π is dus onbepaalbaar! Gevolglik kan jy ook nooit die presiese omtrek of oppervlakte van ‘n sirkel bereken nie. So ook sal die volume van ‘n silinder of sfeer nie presies bereken kan word nie.Vandaar vuurklip se onsekerheidsbeginsel.

8 Comments

Filed under gedigte, humor, humour, kuns art, Physics, poetry

8 responses to “Sorry, Heisenberg!

  1. Die waarde van pi is in hoe vining dit opgevreet word, en daar bly die een sekerheid: belastings.

  2. Net zoals in de quantum-wereld een object hier en tegelijkertijd ergens anders kan zijn, zo wordt ook de pi opgegeten en tevens níet opgegeten.
    Freundliche Grüsse von Max Planck.
    .-

  3. Ek was nog nooit goed met wiskunde nie, maar onthou darem pi is 22/7. Het nog nooit enige sin gemaak nie…lol.😝

  4. By benadering het my salaris nie soveel syfers nie

Leave a reply to koppieop Cancel reply