Monthly Archives: March 2019

Die gevroetel van lang vingers

handsinpockets

Voel jy dit? Daardie gevroetel in jou sakke? Dis die lang vingers van die Guptas en hulle aanhangers in jou sakke op soek na jou beursie.

Gister is aangekondig dat Eskom ‘n tariefverhoging van 14% toegestaan is. Dit bo-op die 69 biljoen wat oor die volgende drie jaar uit die begroting aan Eskom toegeken word.

Tussen 2007 en 2017 het die koste van elektrisiteit met sowat 350% (!!) opgegaan – hoofsaaklik weens korrupsie, wanbestuur en BEE se onvoorsiene gevolge.

Daai langvingergevroetel voel jy elke keer as jy ‘n lig aanskakel, TV kyk, petrol ingooi, ‘n pakkie tjips koop, warm water tap, ja, ook as jy hierdie lees! Jy kan nie daarvan ontsnap nie.

Advertisements

2 Comments

Filed under corruption, politics, politiek

Die Europese Unie

juncker

Jean-Claude Juncker

Hier is ‘n voorbeeld van die arrogansie van politici en ‘n goeie rede waarom ons hulle nooit kan vertrou nie. Jy kry hierdie houding by feitlik alle politici.

In Jean-Claude Juncker (President van die Europese Kommissie) se eie woorde:

We all know what to do; we just don’t know how to get re-elected after we have done it.

M.a.w. Ons doen nie waarvoor ons verkies is nie, ons doen wat óns dink is reg en óns weet beter as julle, die stemvee.

Juncker se naam sê alreeds wat jy van hom kan verwag, kyk maar hier: The Junkers were members of the landed nobility in Prussia. They owned great estates that were maintained and worked by peasants with few rights.

Hierdie uitspraak is dalk ‘n goeie rede waarom Brexit die regte keuse is?

 

1 Comment

Filed under politics, politiek