EU Burokrasie en die Oorlog op Huisvroue

Hier is die jongste gekheid van die Europese Unie se Brusselse burokrate. Jy weet al van die besluite oor stofsuiers, elektriese ketels, wasmasjiene, elektriese motors en vele meer. Alles in die naam van “Global Warming” maar met die versteekte doel om vroue se lewens net moeiliker te maak.

pennetjie

Nou loods hulle ‘n aanval op, wait for it, Wasgoedpennetjies! Die redenasie is as volg:
Die pennetjies is van hout en staal gemaak, enersyds word die wereld ontbos en andersyds is die proses om erts te myn en in staal te verwerk koolstof (!) intensief. Die opdrag is dus dat alle wasgoedpennetjies nou net half grootte gemaak moet word! Minder hout en staal en dus minder koolstof in die atmosfeer.

Die denkfout wat hulle hier begaan is natuurlik dat mense nou twee keer  soveel pennetjies sal nodig hê om wasgoed op te hang. En omdat die hout nou dunner is, breek hulle makliker en moet dus meer dikwels vervang word.

Soos met die ander genoemde regulasies, sal hierdie een net die teenoorgestelde uitwerking hê.

Lees die hele storie met van die snaakste illustrasies hier in Engels in Der Spiegel – (en plastiek pennetjies? Nein, nein! Verboten!)

Advertisements

16 Comments

Filed under aardverwarming, global warming, humor, humour, klimaatverandering, Physics, politics, politiek, satire

16 responses to “EU Burokrasie en die Oorlog op Huisvroue

  1. Kan jy nou meer. Mense dink regtig nie wat hulle doen nie.

  2. Klein(er) maar fijn(er) !

  3. 1 April? Bwahahaha!Of miskien is dit hier op die ondermaanse heeljaar elke dag 1 April.

  4. Moet ‘n Aprilgrap wees! Eintlik is die hele aardverwarmingstorie ‘n Aprilgrap sonder einde!

  5. Iets met 01 april en Alva?

  6. Maar met die meer strek om om meer wasgoedpennetjies te gebruik gaan die dames se ouma-flappe meer oefening kry en ook kleiner word, nes die wasgoedpennetjies! Almal wen!

Leave a Reply to vuurklip Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s