Monthly Archives: May 2020

Prysvraag

Vuurklip is maar stillerig so met die lockdown saam maar een van ons geagte ministers het hom laat wakker skrik en hom herinner aan die onderstaande staatsdepartement.

Die vraag aan jou is:
Watter minister laat jou dink aan the Ministry of Silly Walks?
Hint: Hy het te doen met t-shirts en cropped pants.
Prys: Die eerste korrekte antwoord kry ‘n virtuele bottel wyn.
(ongelukkig word regte bottels wyn uitgevoer)

Terloops: Jy kan stewels koop maar nie veters nie, ‘n selfoon maar nie ‘n simkaart nie, crocs maar nie flip-flops nie.

PS:
Jy moet jou Silly Walks beperk tot die ure tussen 06h00 en 09h00!!

9 Comments

Filed under humor, humour, politics, politiek, satire