Gogga Maak vir Baba Bang!

spider

Ag, nee wat! Die virus is ‘n vulletjie en niks om voor bang te wees nie.

Die virus-gogga kon véél erger gewees het. dink net – die virus sal nie:

  1. Aan jou pensioenfonds raak nie.
  2. Jou huis/plaas/besigheid sonder kompensasie vervreem nie.
  3. Jou mediese fonds nasionaliseer nie.
  4. ‘n Spanner in Koeberg se binnegoed vergeet nie.
  5. Besigheid doen met die Guptas nie.
  6. Konsultante aanstel nie.
  7. Kernkragsentrales by die Russe bestel nie.
  8. Die taxi’s laat baasspeel nie.
  9. Kospakkies van die armes steel nie.
  10. Die Resewebank nasionaliseer nie.
  11. Nóg biljoene(!!) vir SAA gee nie.

En ook:

  • Die virus sal oor ‘n kwessie van maande uitgewoed wees en nie met ons wees todat “Jesus terugkom” nie.
  • Die hele wereld werk aan ‘n teenmiddel.
  • Jy kan jouself teen die virus beskerm (maskers, handewas, isolasie).
  • Sonlig maak die virus dood.
  • Jik help (maar moenie dit drink nie).
  • Drink ‘n glasie wyn. (Dit doen niks aan die virus nie maar dit laat jou beter voel – veral gesien 1, 2 en 3 hierbo.)

So, ja. Ontspan nou en trek die prop uit.

Beantwoord hierdie vraag om ‘n virtuele bottel wyn te wen:

Wat is erger as die Corona Virus? (Wenk: ‘n drie-letter akroniem).

 

9 Comments

Filed under humor, humour, politics, politiek, satire

9 responses to “Gogga Maak vir Baba Bang!

  1. Plop! Daar gaan die prop!

  2. Die naam van ‘n bekende boekwinkel effe rondgeskommel.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s