Category Archives: aardverwarming

Mount Everest is aan die verdwyn!

scared

En dis Global Warming se skuld!

Onthou, jy het dit hier eerste gelees.

Jy weet teen die tyd al dat seevlakke besig is om te styg as gevolg van jou slegte gewoontes en jou fô-by-fô en jou DSTV en jou Justin Bieber CD’s

Ek hoop jy voel behoorlik skuldig oor die skade wat jy aan jou kleinkinders en agterkleinkinders en agteragterkleinkinders berokken. Skaam jou.

Dit het sopas aan die lig gekom dat Mount Everest se hoogte bo seespieël steeds minder word as gevolg van die smeltende ys ooral oor die wêreld – self die ys wat smelt in jou Klippies-en-Coke dra by tot die STYGENDE SEEVLAKKE.

Kyk net hier wat alles deur die Katastrofiese Aardverwarming veroorsaak word. Dit strek van Acne tot Yellow Fever.

Koes!

16 Comments

Filed under aardverwarming, global warming, humor humour, katastrofes, klimaatverandering, satire

An Irishman walked into a bar …

Nee, hierdie is nie die gewone kroeg grappie nie, maar wel ‘n tipies tradisionele Ierse optrede – oftewel die soort optrede wat ons (rassisties) met Iere vereenselwig.

fire

In navolging van die “groen” doelwit om hernubare energie aan te moedig, het die Iere besluit om die verbranding van hout vir verwarming te subsidieer. Besighede is 160 Britse Pond (BP) aangebied vir elke 100 BP wat hulle aan hout-brandstof bestee.

Die gevolg: Besighede en boere verbrand nou hout om enige plek te verwarm – selfs leë skure.

‘n Makliker manier om geld te maak is moeilik om te versin.

Lees meer hier.

9 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, global warming, humor humour, klimaatverandering, Renewable Energy, Sustainable Energy

Weet jy waar – vervolg…

Volksrust, omstreeks Julie 1957.

Lees ook hier

sneeu

3 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, global warming, klimaatverandering

Weet jy waar

hierdie foto geneem is?

sneeu

13 Comments

Filed under aardverwarming, Allerlei, global warming, klimaatverandering

1919: The 100% Consensus

The Martians are coming! Not!

Real Science

In 1919, there was 100% consensus among scientists that Martians had built a giant irrigation system across the Martian equator.

Screenshot 2016-01-25 at 02.59.07 PM-down

4 Oct 1919, Page 47 – at Newspapers.com

View original post

6 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, global warming, humor, humour, klimaatverandering

Waterbeperkings

pot-2  pot-1

Sien onlangs in  die wêreld van klimaathype dat ons aangeraai word om in die stort te piepie. Dis nou om water te bespaar.

Dit inspireer dus die volgende:

‘n Sekere man van De Aar
Wou vreeslik  graag water spaar
Dus pis hy in die stort
En gou gaar is die gort
Toe sy vrou vir kom skree: Jou barbaar!

Ek wil nou nie vir Kootjie Emmer in die gedaante van mymerende Lewies na die kroon steek nie, maar dit laat my ook dink aan die raat:

If it’s yellow, let it mellow.
If it’s brown, flush it down!

Wys jou net. Soms kry ons goeie raad by die groenes.

4 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, global warming, humor, humour, klimaatverandering

Hot air?

hot-air

Ek lees die Hollanders gaan binne drie jaar alle treine op windkrag laat loop!

Het hulle vergeet hoekom hulle die beroemde windmeulens met elektriese toestelle vervang het: Die wind waai nie al die tyd nie.

Een van die belangrikste gebruike van die ou windmeulens was om water uit die polders na die see te pomp.

Dink jy hulle sal weer hulle skepe na seilskepe oorskakel? As hulle spoormanne seemanne was, sou hulle dan steeds dink treine kan betroubaar met wind aangedryf word?

7 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, global warming, klimaatverandering, Renewable Energy

Wolf, Wolf, hoe laat is dit?

Time to move the goalposts?

wolfwolf

Read all about it Here and Here

27 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, global warming, humor, humour, katastrofes, klimaatverandering

Windfoefies.

Ek het nou al baie gelees oor windturbines wat “gratis” wind gebruik om elektrisiteit in betekenisvolle hoeveelhede te lewer. Maar as daar een bedryf is wat illustreer dat wind nie ekonomies ingespan kan word nie, dan is dit skeepvaart.

Die redes waarom dit nie ekonomies vir skeepvaart is nie, is grootliks dieselfde as waarom dit nie prakties is vir die opwekking van elektrisiteit is nie.

Een van die grootste nadele is dat wind wisselvallig is – daar moet dus steeds motore wees wat ingespan kan word as die wind te swak (of selfs te sterk!) is.

‘n Redery kan net nie bekostig om ‘n groot skip langer as nodig op die water te hou nie. Elke onnodige dag kos miljoene aan salarisse, verlore inkomste omdat minder vrag vervoer word weens minder spoed, swakker opbrengs op kapitaal investering, swakker posisie t.o.v. kompetisie en waarskynlik nog ander negatiewe gevolge.

Boonop moet so ‘n skip dan ook ‘n dubbele aandryf sisteem hê: een vir wind en ‘n konvensionele sisteem. Dink aan die onderhoud en ekstra personeel benodig as twee komplekse sisteme aan die gang gehou moet word. Moenie dink dat windkrag op ‘n groot skip sonder komplekse rekenaar stelsels bedryf kan word nie – nóg ‘n addisionele koste.

Kortom, as dit moontlik is om skeepvaart ekonomies met wind aan te vul, sou dit gedoen word!

Die enigste manier waarop dit tans vir op land ektrisiteit ingespan word, is met behulp van reuse subsidies – waarvoor die gebruiker (dis ek en jy) uiteindelik betaal.

16 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, global warming, klimaatverandering, Renewable Energy, Sustainable Energy

Skokkende Nuus!

choking

Gebrek aan Suurstof!

It’s worse than we thought!

Die Britse Universiteit van East Anglia het sopas in ‘n nuwe studie aangekondig dat CO2 nie meer die grootste bedreiging vir klimaatverandering inhou nie.

Weens ons ongebreidelde verbruik van fossielbrandstof is ons besig om die Aarde se suurstof voorraad ernstig te knou.

As die oormatige verbruik van Fossielbrandstof teen die huidige pas sou voortduur sal ons binne die volgende 50 jaar almal versmoor!

Lees die studie hier.

11 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, global warming, humor, humour, katastrofes, klimaatverandering