Category Archives: climate change

Vir die Bierdrinkers.

(en vir Lewies)

pis-bier

‘n Deense brouery gebruik nou urine om gort te bemes (!) waarvan hulle dan bier (‘n Pisner) brou.

Ek dink hulle kan die hele proses short circuit deur die bier direk van urine te brou.

Dink net hoeveel moeite dit jou niere sal bespaar! Die bier is mos al klaar geprosesseer?

PS.
Baie liters CO2 sal so bespaar word. Die warmistas sal mal wees hieroor.

13 Comments

Filed under climate change, global warming, humour, klimaatverandering, satire, Sustainable Energy

The 97% Climate Consensus – Update

Update on the puzzle:

puzzle

97% of climate scientists have reached a consensus on the first three equations shown above!

However, we, the other 3%, know (!) that only the first equation is correct. We know (!) equations two and three are wrong!

We* also know (!) that 5 + 8 = 13. Quite irrespective of the other equations. 13, not 45 or 34 or anything but 13.

*Disclaimer:
I am not any kind of a scientist, just a Snake Oil Expert- I know snake oil when I see it.

Dankie aan almal wat deelgeneem het.

 

 

6 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, global warming, humor, humour, klimaatverandering, satire

The 97% Climate Consensus

97% of climate scientists will fail this test!

puzzle

Weet jy wat is die antwoord?

19 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, global warming, humor, humour, klimaatverandering, satire

One flew over …

leoOn second thoughts, One ís …

Hier regs is die man wat vir ons sê:

  • Gebruik minder fossielbrandstof
  • Moenie vleis eet nie
  • Vlieg minder
  • Ry ‘n elektriese motor
  • Stop aardverwarming
  • Lewe spaarsamig
  • Minder kinders

Maar wat doen hy self, buiten die privaat vliegtuie, wêreldtoere, luukse seiljagte, reuse wonings, wat doen hy?

Hy en ‘n paar van sy mede celebs vlieg ‘n, wait for it, ‘n Wenkbroustilis (ja, wragtag) ‘n Wenkbroustilis vanuit Australië na Hollywood om sy wenkbroue op te maak. Sy wenkbroue.

Lees die storie hier.

Persoonlik gee ek nie ‘n hel om wát hy met sy biljoene doen nie, maar om vir ons te wil voorskryf hoe om te lewe sonder om self sy voorskrifte na te volg is huigelary van die hoogste orde.

You couldn’t make it up – no wait – it’s all about make-up.

 

 

18 Comments

Filed under climate change, global warming, klimaatverandering, politiek, religion, Renewable Energy, satire, Sustainable Energy

Theory Schmeory!

In die alledaagse lewe sowel as in die wetenskap, maak ons staat op teorieë om te voorspel wat volgende gaan gebeur. Sommige voorspellings van ‘n teorie kan van minder belang wees, belangrike ekonomiese gevolge hê, of selfs lewens gevaarlik wees.

Bv.: As ek hierdie drafskoene dra, sal ek minder beserings opdoen. As ek hierdie aandele koop, sal ek goeie wins maak. As ek vir iets bid, sal ek dit kry. As ek in die leeu se hok klim, gaan hy my hand lek.

As die uitkoms van jou teorie altyd waar word, kan jy redelik seker wees dat jou teorie wesenlik korrek is. As dit net soms waar word, moet jy weet dat jou teorie ten beste onvolledig is of self verkeerd is.

Maar as jou teorie konsekwent verkeerde voorspellings oplewer, moet jy weet dat jou teorie verkeerd is.

Nou hoor ons gereëld (selfs van Obama!) dat 97% van alle wetenskaplikes dink dat Aardverwarming gevaarlik is. Die grafiek hier onder wys duidelik dat 97% wetenskaplikes se teorie waarvolgens hulle daardie voorspelling maak, foutief is.

Die grafiek wys die voorspelling teenoor waarneming. Let op dat die waarnemings op sewe verskillende, onafhanklike maniere gedoen word, en dat die waarnemings grootliks met mekaar ooreenstem.

Die voorspellings op die grafiek, is die gemiddelde van ‘n groot aantal uitkomste gebaseer op verskillende groepe se rekenaarmodelle. ‘n Foutiewe gemiddelde dus van ‘n klomp foutiewe voorspellings. 97% van wetenskaplikes is dus verkeerd en die teorie moet uitgegooi word. (PS. Die 97% statistiek is op sigself ‘n versinsel van John Cook maar dis ‘n ander storie)

climate

Bron hier: Judith Curry

7 Comments

Filed under climate change, global warming, klimaatverandering

An Irishman walked into a bar …

Nee, hierdie is nie die gewone kroeg grappie nie, maar wel ‘n tipies tradisionele Ierse optrede – oftewel die soort optrede wat ons (rassisties) met Iere vereenselwig.

fire

In navolging van die “groen” doelwit om hernubare energie aan te moedig, het die Iere besluit om die verbranding van hout vir verwarming te subsidieer. Besighede is 160 Britse Pond (BP) aangebied vir elke 100 BP wat hulle aan hout-brandstof bestee.

Die gevolg: Besighede en boere verbrand nou hout om enige plek te verwarm – selfs leë skure.

‘n Makliker manier om geld te maak is moeilik om te versin.

Lees meer hier.

9 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, global warming, humor humour, klimaatverandering, Renewable Energy, Sustainable Energy

Weet jy waar – vervolg…

Volksrust, omstreeks Julie 1957.

Lees ook hier

sneeu

3 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, global warming, klimaatverandering

1919: The 100% Consensus

The Martians are coming! Not!

Real Science

In 1919, there was 100% consensus among scientists that Martians had built a giant irrigation system across the Martian equator.

Screenshot 2016-01-25 at 02.59.07 PM-down

4 Oct 1919, Page 47 – at Newspapers.com

View original post

6 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, global warming, humor, humour, klimaatverandering

Waterbeperkings

pot-2  pot-1

Sien onlangs in  die wêreld van klimaathype dat ons aangeraai word om in die stort te piepie. Dis nou om water te bespaar.

Dit inspireer dus die volgende:

‘n Sekere man van De Aar
Wou vreeslik  graag water spaar
Dus pis hy in die stort
En gou gaar is die gort
Toe sy vrou vir kom skree: Jou barbaar!

Ek wil nou nie vir Kootjie Emmer in die gedaante van mymerende Lewies na die kroon steek nie, maar dit laat my ook dink aan die raat:

If it’s yellow, let it mellow.
If it’s brown, flush it down!

Wys jou net. Soms kry ons goeie raad by die groenes.

4 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, global warming, humor, humour, klimaatverandering

Hot air?

hot-air

Ek lees die Hollanders gaan binne drie jaar alle treine op windkrag laat loop!

Het hulle vergeet hoekom hulle die beroemde windmeulens met elektriese toestelle vervang het: Die wind waai nie al die tyd nie.

Een van die belangrikste gebruike van die ou windmeulens was om water uit die polders na die see te pomp.

Dink jy hulle sal weer hulle skepe na seilskepe oorskakel? As hulle spoormanne seemanne was, sou hulle dan steeds dink treine kan betroubaar met wind aangedryf word?

7 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, global warming, klimaatverandering, Renewable Energy