Category Archives: corruption

A Vicious Circle.

Die verroeste trein(lose) spoor tussen Vishoek en Simonstad.

trein

Die treindiens tussen Vishoek en Simonstad het honderd jaar lank gereëld geloop – maar die afgelope twee of drie jaar net sporadies, en die laaste jaar byna glad nie.

Die verskoning? Sand op die spoor – dit blyk ‘n tegnies onoplosbare probleem te wees! As die huidige bestuur koerant gelees het, sou hulle sekerlik “aardverwarming” as ‘n verskoning aangevoer het? So asof die Suid-Ooster ‘n nuwe verskynsel is.

In die jare tagtig het vuurklip in die middestad gewerk en met die trein werk toe gery. Destyds was die trein betroubaar, veilig, skoon en vol. Maar met verloop van tyd het die waens verroes, vervuil en vol graffiti geraak. Ook was die diens nie meer gereëld nie en boweal, nie meer veilig nie.

Soos wat die diens verswak, word die passasiers minder, en met minder passasiers is die geld minder, en soos die geld minder word, verswak die diens verder – gevolglik loop die trein nie meer nie – en dit wil voorkom asof Metro Rail die handdoek gaan ingooi.

Vooruitbeplanning bestaan ook nie. Onlangs is al die ou hout dwarslêers teen hoë koste met beton vervang. Waarvoor miljoene spandeer net om die diens op te sê?

Onderhoud bly ook in die slag soos hier gewys.

Dan praat ons nie eers van die Guptas se vingers in die paai  nie.

Advertisements

6 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, corruption, global warming, History, politics, politiek, satire

Sonder Woorde …

9 Comments

Filed under corruption, politics, politiek, satire