Category Archives: gedigte

Kringloop

rosary

Dae volg mekaar
Soos krale in ‘n rosekrans.
Eentonig met “Onse Vaders”
Wat in die Hemel is.

Die eentonigheid onderbreek
Met “Wees gegroet Marias”
En bede vir bystand
In ons laaste uur.

‘n Onverbiddellike kringloop
Waar die eindpunt saamval
Met die begin: Want stof is jy
En tot stof sal jy terugkeer.

©vuurklip
9 Augustus 2020

15 Comments

Filed under gedigte, poetry

Winterson

winterson
Teen die suidelike hang
Duur die winters ekstra lang.
En die Son se trae gang
Laat ons na somers terugverlang.

©vuurklip
6 Julie 2020

 

9 Comments

Filed under gedigte, poetry

Verlossing

queue

Verlossing

Ons staan in die ry
By Pick n Pay.
Klante voor,
Klante agter.

Trollies gelaai
Vir die komende reis,
Brood, wyn,
‘n Paar stukkies vleis.

Ons is aan die beurt,
Dis tyd om te betaal.
Die kassier glimlag:
Have a nice day!

En dan is jy vry.

© vuurklip 9 Maart 2020

 

14 Comments

Filed under gedigte, kuns art, literature, poetry

Herinneringe

photos

Herinneringe

Objekte van sentiment:
Ou foto’s, fliekkaartjies,
’n Verjaarsdag boek-persent.

Maak weg die ballas,
Smyt op die vuur,
Laat verbrand tot as.

Maar die herinnering
Op ’n laatnaguur
Wat hulle kon bring
Bly jou helaas gespaar
En word oplaas,
Saam met jou, opgebaar.

©vuurklip
4 desember 1994

20 Comments

Filed under gedigte, nostalgia, nostalgie, poetry

Rivier

river

Die rivier ontspring
Uit hoë verwagtings
Maar vind altyd sy weg
Langs onbepaalde weë
Na laagliggende leegtes
Van hartseer, verlange en berou.

©vuurklip
Julie 2019

9 Comments

Filed under gedigte, nostalgia, nostalgie, poetry

Annie M.G. Schmidt

annie-m.g.-schmidt

Herinnering

Ik heb jou eens ontmoet in achttien-zeven
Of achttienhonderd-acht, zoo ongeveer……
In elk geval was ‘t in een vorig leven
En aan je oogen kende ik je weer.

We waren toen óók twintig, en ik zag je
In ‘t roefje van de schuit naar Overschie
Je hebt nu weer precies hetzelfde lachje……
Alleen zit je nu naast me, in lijn drie.

Je bent wel érg veranderd in die jaren!
Je droeg toen niet zoo’n blauw confectie-lor.
Je had een kniebroek aan, en lange haren
Je had nog een geweten en een snor.

En ik … ik droeg een luifelhoed met rozen
en sloeg mijn oogen aldoor zedig neer
ik had een crinolien, en kon nog blozen,
Dat kan ik nu helaas sinds lang niet meer.

Is er dan niets hetzelfde gebleven?
Ja toch, die kleine primula’s in ‘t groen!
En ook die ééne zeemeeuw is nog even
statig en zilverwit en rank als toen!

Wat doet het er dan toe, of alle dingen
veranderd waren en wijzelf het meest?
Jouw oogen en de geur van de seringen
zijn altijddoor hetzelfde geweest!

Adieu! tot over honderdzooveel jaren!
Ik zie je dan weer in de stratosfeer
Je beeld kan ik zoolang niet meer bewaren
maar aan je oogen ken ik je toch weer.

Annie M.G. Schmidt (1911-1995)

1 Comment

Filed under gedigte, poetry

Past Particles

sunset

Where do photons go to die,
Where do tears go when you cry?

Are there protons in tomorrow,
Are there neutrons in your sorrow?

Will the quarks of yesteryear
In the future still be there?

And when the sun sets in the sky,
Where do the photons go to die?

©vuurklip
15 Des 2018

Berthold Brecht: Wo sind die Tränen von gestern Abend? Wo ist der Schnee vom vergangenen Jahr?

Hennie Aucamp: Wat bly oor van soene?

 

5 Comments

Filed under gedigte, nostalgia, poetry, Science

Sorry, Heisenberg!

Werner_Heisenberg

Eat your heart out, Werner, you  missed this one!

Vuurklip’s Uncertainty Priciple:

In die lewe is niks seker nie:
nie die dag van jou dood,
of die waarde van pi.

Verklaring:
Jy sal seker nie stry dat die dag van jou dood in onsekerheid gehul is nie.
Maar het jy daaraan gedink dat die waarde van π in beginsel nie presies bepaal kan word nie? Dit is omdat π   ‘n sogenaamde irrasionele getal is. D.w.s. die gedeelte ná die desimale punt is oneindig lank en níe herhalend. Die presiese waarde van π is dus onbepaalbaar! Gevolglik kan jy ook nooit die presiese omtrek of oppervlakte van ‘n sirkel bereken nie. So ook sal die volume van ‘n silinder of sfeer nie presies bereken kan word nie.Vandaar vuurklip se onsekerheidsbeginsel.

8 Comments

Filed under gedigte, humor, humour, kuns art, Physics, poetry

Mei 1915

Voor die maand verby is:

 

by John McCrae, May 1915

In Flanders fields the poppies blow
Between the crosses, row on row,
That mark our place; and in the sky
The larks, still bravely singing, fly
Scarce heard amid the guns below.

We are the Dead. Short days ago
We lived, felt dawn, saw sunset glow,
Loved and were loved, and now we lie
In Flanders fields.

Take up our quarrel with the foe:
To you from failing hands we throw
The torch; be yours to hold it high.
If ye break faith with us who die
We shall not sleep, though poppies grow
In Flanders fields.

 

11 Comments

Filed under art, gedigte, poetry

Die Dans

zeits

Ons dans
in skaduprosessie
links die verhoog op.
Elk in eie ritme
en teen eie pas.

Ons dans
in skaduprosessie,
begelei deur musiek,
onder die stok
van ‘n onverbiddelike dirigent.

Ons dans
in skaduprosessie,
elk in eie ritme
en teen eie pas,
regs die verhoog af.

©vuurklip 23 Mei 2018
More sweetly play the dance
William Kentridge
Zeits MOCAA Kaapstad

Die nuwe Zeits is by die Waterfront in Kaapstad. ‘n Wonderbaarlike ruimte geskep in ‘n ou graansilo. Toegang is gratis op sekere dae vir Suid Afrikaanse burgers. Die argitektuur alleen is al die moeite werd.

Maar bowe alles, gaan kyk na die Kentridge (More sweetly play the dance) video. Dit word geprojekteer teen verskeie skerms d.m.v. gesinkroniseerde projektors. ‘n Must See and not to be missed!

1 Comment

Filed under art, gedigte, kentridge, william, poetry