Category Archives: History

Uit die blou …

Hier naby ons in Simonstad is die ou Stempastorie – dis waar in 1921 die Stem van Suid-Afrika deur Ds M.L. De Villiers gekomponeer is. Die toonsetting is op die woorde van C.J. Langenhoven.

Dit gaan hier nie oor die Stem as sodanig nie, maar oor die pastorie in sy huidige toestand van verval.

Ek voel nie sterk hieroor nie, maar ek vind in die vervalle toestand van die pastorie en die huidige besetter (lekker woord hier, nè?) nl. Fleet Command: Quality Assurance Division” ‘n wondelike ironie.  An irony of ironies!

En wat sê dit van ons vloot se skepe as dit is hoe die Quality Assurance Division sy basis onderhou – of nie onderhou nie?

sp1

sp2

sp3

sp4

sp5

 

 

2 Comments

Filed under History, humor, humour, nostalgia, nostalgie, politics, politiek, satire

A Vicious Circle.

Die verroeste trein(lose) spoor tussen Vishoek en Simonstad.

trein

Die treindiens tussen Vishoek en Simonstad het honderd jaar lank gereëld geloop – maar die afgelope twee of drie jaar net sporadies, en die laaste jaar byna glad nie.

Die verskoning? Sand op die spoor – dit blyk ‘n tegnies onoplosbare probleem te wees! As die huidige bestuur koerant gelees het, sou hulle sekerlik “aardverwarming” as ‘n verskoning aangevoer het? So asof die Suid-Ooster ‘n nuwe verskynsel is.

In die jare tagtig het vuurklip in die middestad gewerk en met die trein werk toe gery. Destyds was die trein betroubaar, veilig, skoon en vol. Maar met verloop van tyd het die waens verroes, vervuil en vol graffiti geraak. Ook was die diens nie meer gereëld nie en boweal, nie meer veilig nie.

Soos wat die diens verswak, word die passasiers minder, en met minder passasiers is die geld minder, en soos die geld minder word, verswak die diens verder – gevolglik loop die trein nie meer nie – en dit wil voorkom asof Metro Rail die handdoek gaan ingooi.

Vooruitbeplanning bestaan ook nie. Onlangs is al die ou hout dwarslêers teen hoë koste met beton vervang. Waarvoor miljoene spandeer net om die diens op te sê?

Onderhoud bly ook in die slag soos hier gewys.

Dan praat ons nie eers van die Guptas se vingers in die paai  nie.

6 Comments

Filed under aardverwarming, climate change, corruption, global warming, History, politics, politiek, satire

Liefde van Toen

Kleinadvertensies uit vergange dae se koerante.

Daar is ‘n tyd van kom …

lvt-2
1918

… en ‘n tyd van gaan.

lvt-1
1893

Bron: Instagram: liefdevantoen. Gaan kyk gerus!

Só lyk Rue du Midi 101 vandag! Danksy Google street view.

rue du midi

6 Comments

Filed under Geskiedenis, History, nostalgia, nostalgie