Category Archives: kuns art

Fotoverhaal

Klik op ‘n foto om te vergroot.

Advertisements

3 Comments

July 16, 2018 · 7:14 pm

Sorry, Heisenberg!

Werner_Heisenberg

Eat your heart out, Werner, you  missed this one!

Vuurklip’s Uncertainty Priciple:

In die lewe is niks seker nie:
nie die dag van jou dood,
of die waarde van pi.

Verklaring:
Jy sal seker nie stry dat die dag van jou dood in onsekerheid gehul is nie.
Maar het jy daaraan gedink dat die waarde van π in beginsel nie presies bepaal kan word nie? Dit is omdat π   ‘n sogenaamde irrasionele getal is. D.w.s. die gedeelte ná die desimale punt is oneindig lank en níe herhalend. Die presiese waarde van π is dus onbepaalbaar! Gevolglik kan jy ook nooit die presiese omtrek of oppervlakte van ‘n sirkel bereken nie. So ook sal die volume van ‘n silinder of sfeer nie presies bereken kan word nie.Vandaar vuurklip se onsekerheidsbeginsel.

8 Comments

Filed under gedigte, humor, humour, kuns art, Physics, poetry

Tevergeefs

Niks is verniet niefreelunch
geen ete op die middaguur
is sonder sy prys nie.

Selfs die son se lig
kom met sy eis
as op die duur
elke woekerende sel,
op die eens so gawe vel,
tentakelspore wys.

By afrekening
blyk niks verniet nie,
en was alles tevergeefs.

©vuurklip 1995

15 Comments

Filed under gedigte, kuns art, literature, poetry

That which we do not remember

kentridge

William Kentridge

That which we do not remember

gedane sake het geen keer,
woorde eens geuiter
keer nimmer weer.

herinnering aan sondes begaan
bly ons by
en sal nooit vergaan.

maar die alledaagse sleur
van sorg en wroeg
vir ons daaglikse brood
is gou vergete
en laat geen spoor.

© vuurklip 7 Januarie 2018
The evil that men do lives after them,
The good is oft interred with their bones.
William Shakespeare: Julius Caesar

Daar is ‘n besondere uitstalling van William Kentridge getitleld “That which we do not remember” by die Goodman Galery in Woodstock, Kaapstad. ‘n “must see“!

2 Comments

Filed under art, gedigte, kuns art, poetry

Lascaux/Altamira?

By die ou gruisgat hier naby is/was daar ‘n klipmeule wat oor die jare vervalle geraak het en nou deur homeless mense betrek word. Die geboue het so verval dat dit nou gesloop word. Lees meer oor Lascaux en Altamira.

Die graffiti wat die binnemure versier het, is nou vir die eerste keer blootgestel!

graffiti-6 graffiti-1 graffiti-2 graffiti-3 graffiti-4 graffiti-5

8 Comments

Filed under Allerlei, kuns art