Category Archives: poetry

Sorry, Heisenberg!

Werner_Heisenberg

Eat your heart out, Werner, you  missed this one!

Vuurklip’s Uncertainty Priciple:

In die lewe is niks seker nie:
nie die dag van jou dood,
of die waarde van pi.

Verklaring:
Jy sal seker nie stry dat die dag van jou dood in onsekerheid gehul is nie.
Maar het jy daaraan gedink dat die waarde van π in beginsel nie presies bepaal kan word nie? Dit is omdat π   ‘n sogenaamde irrasionele getal is. D.w.s. die gedeelte ná die desimale punt is oneindig lank en níe herhalend. Die presiese waarde van π is dus onbepaalbaar! Gevolglik kan jy ook nooit die presiese omtrek of oppervlakte van ‘n sirkel bereken nie. So ook sal die volume van ‘n silinder of sfeer nie presies bereken kan word nie.Vandaar vuurklip se onsekerheidsbeginsel.

Advertisements

8 Comments

Filed under gedigte, humor, humour, kuns art, Physics, poetry

Mei 1915

Voor die maand verby is:

 

by John McCrae, May 1915

In Flanders fields the poppies blow
Between the crosses, row on row,
That mark our place; and in the sky
The larks, still bravely singing, fly
Scarce heard amid the guns below.

We are the Dead. Short days ago
We lived, felt dawn, saw sunset glow,
Loved and were loved, and now we lie
In Flanders fields.

Take up our quarrel with the foe:
To you from failing hands we throw
The torch; be yours to hold it high.
If ye break faith with us who die
We shall not sleep, though poppies grow
In Flanders fields.

 

11 Comments

Filed under art, gedigte, poetry

Die Dans

zeits

Ons dans
in skaduprosessie
links die verhoog op.
Elk in eie ritme
en teen eie pas.

Ons dans
in skaduprosessie,
begelei deur musiek,
onder die stok
van ‘n onverbiddelike dirigent.

Ons dans
in skaduprosessie,
elk in eie ritme
en teen eie pas,
regs die verhoog af.

©vuurklip 23 Mei 2018
More sweetly play the dance
William Kentridge
Zeits MOCAA Kaapstad

Die nuwe Zeits is by die Waterfront in Kaapstad. ‘n Wonderbaarlike ruimte geskep in ‘n ou graansilo. Toegang is gratis op sekere dae vir Suid Afrikaanse burgers. Die argitektuur alleen is al die moeite werd.

Maar bowe alles, gaan kyk na die Kentridge (More sweetly play the dance) video. Dit word geprojekteer teen verskeie skerms d.m.v. gesinkroniseerde projektors. ‘n Must See and not to be missed!

1 Comment

Filed under art, gedigte, kentridge, william, poetry

Klooster Familie

monk

die broeder sê: suster, kom nader
dat ons twee intiem kan vergader
trek uit jou habyt
dit is hoogste tyd
om te vorder tot moeder en vader!

©vuurklip

7 Comments

Filed under gedigte, humor, humour, limerick, literature, poetry, Uncategorized

Tevergeefs

Niks is verniet niefreelunch
geen ete op die middaguur
is sonder sy prys nie.

Selfs die son se lig
kom met sy eis
as op die duur
elke woekerende sel,
op die eens so gawe vel,
tentakelspore wys.

By afrekening
blyk niks verniet nie,
en was alles tevergeefs.

©vuurklip 1995

15 Comments

Filed under gedigte, kuns art, literature, poetry

That which we do not remember

kentridge

William Kentridge

That which we do not remember

gedane sake het geen keer,
woorde eens geuiter
keer nimmer weer.

herinnering aan sondes begaan
bly ons by
en sal nooit vergaan.

maar die alledaagse sleur
van sorg en wroeg
vir ons daaglikse brood
is gou vergete
en laat geen spoor.

© vuurklip 7 Januarie 2018
The evil that men do lives after them,
The good is oft interred with their bones.
William Shakespeare: Julius Caesar

Daar is ‘n besondere uitstalling van William Kentridge getitleld “That which we do not remember” by die Goodman Galery in Woodstock, Kaapstad. ‘n “must see“!

2 Comments

Filed under art, gedigte, kuns art, poetry

Termodinamika

Second-law-of-thermod-009

In elke lewe word,
vir baie kort,
die tweede wet,
opgeskort.

Teen daardie wet
is niks bestand,
geen lewenswil
en geen gebed.

9 Comments

Filed under gedigte, poetry

Was

kers

die kers se was
verteer totaal
tot waterdamp
en koolsuurgas

en naderhand
weet niemand meer
dat eens ’n kers
met lig hier was.

©vuurklip

8 Comments

Filed under gedigte, poetry

Afwagting.

fire-wk

Afwagting

Hulpeloos en redeloos
Wag hulle op die Kaptein.

Dorstiges na kennis
Wag op die reën.

Filosowe en misantrope
Wag op Godot.

Gelowiges en twyfelaars
Wag op die Here van Psalm 130.

Maar ons digters en sondaars
Wag (stoïes) op die vuur.

 ©vuurklip 24 Januarie 2017.
n.a.v. ‘n werk van William Kentridge.
Dit stel ‘n dennebol voor met die titel
Waiting for the fire” soos gesien in
die Goodman Gallery.
Kentridge is een van die belangrikste
kunstenaars van ons tyd.

2 Comments

Filed under gedigte, poetry

Goud en Silwer

valsbaai

Skaawagter het in kommentaar op my vorige inskrywing gesê:
Die see lyk soos gesmelte silwer, seker die stilte voor die volgende storm.

Dit inspireer toe die volgende kwatryn:

Die see is van silwer,
En soms ook van goud.
Die bron van die lewe
En die wêreld se sout!

©vuurklip

6 Comments

Filed under gedigte, poetry