Category Archives: Sterrekunde

Vir die Sterrekykers

Globular Clusters.

Hierdie een is met die blote oog sigbaar by die V & A Waterfront in Kaapstad. 🙂

globular

Daar is een ander so ‘n globular cluster waarvan ek weet wat jy met die blote oog op ‘n donker nag kan sien en dié is geleë in die sterrebeeld Centaurus. As jy die Suiderkruis kan vind, sal jy Centaurus maklik kan uitken. Probeer gerus. Die globular cluster hier is bekend as Omega Centauri. Sterre in sterrebeelde word gelys in orde van helderheid. So is Alpha Centauri (ook bekend as Proxima Centauri) die helderste ster in die Centaurus beeld – een van die Suiderkruis se wysers. Dit is ook die naaste ster aan ons – so ongeveer 4.25 ligjare verwyder.

Met die blote oog is Omega Centauri net ‘n dowwe sterretjie maar selfs met ‘n gewone verkyker sien jy dat dit nie net die ligpuntjie van ‘n ster is nie. Deur ‘n behoorlike teleskoop lyk dit so:

omega_centauri_by_eso

Talle sterre is vernoem deur Arabiese sterrekundiges. Kyk na die lys hier.

Aangesien dit nou donkermaan is, is vanaand ‘n goeie geleentheid om die sterre te bekyk.

Advertisements

5 Comments

Filed under Astronomie, Astronomy, Sterrekunde