Die Dans

zeits

Ons dans
in skaduprosessie
links die verhoog op.
Elk in eie ritme
en teen eie pas.

Ons dans
in skaduprosessie,
begelei deur musiek,
onder die stok
van ‘n onverbiddelike dirigent.

Ons dans
in skaduprosessie,
elk in eie ritme
en teen eie pas,
regs die verhoog af.

©vuurklip 23 Mei 2018
More sweetly play the dance
William Kentridge
Zeits MOCAA Kaapstad

Die nuwe Zeits is by die Waterfront in Kaapstad. ‘n Wonderbaarlike ruimte geskep in ‘n ou graansilo. Toegang is gratis op sekere dae vir Suid Afrikaanse burgers. Die argitektuur alleen is al die moeite werd.

Maar bowe alles, gaan kyk na die Kentridge (More sweetly play the dance) video. Dit word geprojekteer teen verskeie skerms d.m.v. gesinkroniseerde projektors. ‘n Must See and not to be missed!

Advertisements

1 Comment

Filed under art, gedigte, kentridge, william, poetry

Klooster Familie

monk

die broeder sê: suster, kom nader
dat ons twee intiem kan vergader
trek uit jou habyt
dit is hoogste tyd
om te vorder tot moeder en vader!

©vuurklip

7 Comments

Filed under gedigte, humor, humour, limerick, literature, poetry, Uncategorized

Fishing, a Spectator Sport?

Gesien naby Sunny Cove stasie:

fishing

Visserman en sy toeskouers.

3 Comments

Filed under Allerlei, Sport

Orgideë Mei 2018

Die eerste plantjies het pas hulle verskyning gemaak. Die sade ontkiem in Mei en die plante blom in September.

Ons sal maar moet sien hoe die plante vanjaar vorder gesien die huidige droogte wat nog lank nie gebreek is nie.

Verlede jaar (2017) was ‘n goeie jaar – baie plante en blomme.

Die jaar daarvoor (2016) het baie plante opgelewer maar +/- 80% van die blomstingels het gevrot voordat blomme kon vorm. Waarskynlik weens ‘n kombinasie van koue weer en reën op die verkeerde tyd.

orgidee 2018

Dit lyk vir my leke oog na die Satyrium bicorne, aldus my kopie van Mary Maytham Kidd in die 1973 uitgawe van Wild Flowers of the Cape Peninsula.

Meer hier en hier.

 

 

6 Comments

Filed under Orchid, Orgidee

Liefde van Toen

Kleinadvertensies uit vergange dae se koerante.

Daar is ‘n tyd van kom …

lvt-2
1918

… en ‘n tyd van gaan.

lvt-1
1893

Bron: Instagram: liefdevantoen. Gaan kyk gerus!

Só lyk Rue du Midi 101 vandag! Danksy Google street view.

rue du midi

6 Comments

Filed under Geskiedenis, History, nostagie, nostalgia

‘n Wolhaarstorie!?

Hier is onteenseglike bwys dat daar eens wolhaarmammoete (Woolly Mammoths) in die Kaapse Skiereiland voorgekom het.

Die foto hier onder is van ‘n fossiel wat aan die voet van Elsepiek opgegrawe is deur ‘n plaaslike amateur paleontoloog – dis ‘n gedeelte van die onderkaak.

mammoth

(As jy aan wyle Elsie Esterhuizen sou vra of dit ‘n amateur paleontoloog is, sou sy sê: “Yes, very”)

2 Comments

Filed under evolution, humor, humour, Natural History, Science

Nou weet ons mos?!

Ek het hier reeds vertel van ons vloot se duikboot wat gesink het en teen die seebodem gebots het. Defenceweb het ook die storie.

Maar ek weet wat hulle (dws Defenceweb én die vloot) nie weet nie, en dit is die ware oorsaak van die ongeluk.

Onhou, jy het dit hier eerste gesien in ‘n vuurklip exclusive.

Die duikboot se Float knoppie het afgeval. En sonder daardie allerbelangrikste knoppie, is ‘n duikboot onherroeplik verlore.

Vuurklip en Pollenys het dit by die Simonstadse hawe opgetel. Kyk na die foto hier onder:

float

Dis duidelik dat hierdie foto geneem is vóórdat die knoppie verlore garaak het.

4 Comments

Filed under humor, humour, politics, politiek, satire

1944

1944

11 Comments

April 6, 2018 · 10:00 pm

Mr. Bean is not the hugging type …

… and neither am I !!

nohugs

(BTW did you twig that the previous entry was an April Fool joke?)

 

6 Comments

Filed under Allerlei, humor, humour

The End is Nigh(er) than you think!!

As jy het gedink het die Zuma regering iswas ons grootste bedreiging dan moet jy weer dink.

Vuurklip het onlangs die volgende raakgelees oor die Aarde se rotasie-as oftewel axial tilt  en hoe aardverwarming hierdie rotasie-as affekteer.

axial tilt

Wast gebeur sal ek kortliks hier onder opsom. Die navorsing is gedoen deur bekende wetenskaplikes soos George Ellis, Willie Soon, Michael MannGavin Schmidt en andere. Die volledige wetenskaplike artikel is in die tydskrif: Science. (Skakel aan die end van hierdie inskrywing)

Daar is veral twee aspekte wat hier van belang is:
1) Die oriëntasie van die draai-as, en
2) Die Aarde se rotasie.

Die massa distribusie van die aardbol het ‘n belangrike invloed op beide hierdie aspekte en dis waar die knoop lê!

Dis naamlik só, dat massa op die oppervlakte van die aarde oneweredig versprei is weens die posisie van die kontinente en die teenwoordigheid van water-ys by die poolstreke. Die kontinente beweeg so stadig dat die invloed  van die kontinente se beweging nie op die korter termyn van belang is nie. Wat die water-ys betref, is die saak heel anders en dis as gevolg van die huidige aardverwarming wat hoofsaaklik die gevolg is van die mens se massale gebruik van fossielbrandstof. Daar is min vooruitsig dat die vrylating van CO2 in die nabye toekoms gaan verminder ondanks die ingebruikneming van wind- en sonenergie.

Dit is ook so dat 97% van alle wetenskaplikes saam stem dat die mens aardverwarming veroorsaak (kyk hier) en dat ons reeds by ‘n draai-punt verby is sodat dit nou onvermydelik is dat die poolstreke binnekort ysvry sal wees (hier). Van die bekendes wat hieroor bekommerd is sluit in Stephen Hawking, Al Gore, Ban-Ki Moon, Prof. Brian Cox, Leonardo Di Caprio, Meryl Streep, Emma Thompson, Ben Affleck, David Letterman en talle ander.

Soos jy weet, draai die aarde om sy eie as. Die draai-as wyk tans af van die vertikaal met sowat 23top. Sien illustrasie hier bo. Die Aarde kan vergelyk word met ‘n tol. Ons weet dat, hoe vinniger die tol draai, hoe meer vertikaal is die draai-as, en omgekeerd. Soos die tol stadiger begin draai, word die draai-as se afwyking al hoe groter todat die as horisontaal is. As die Aarde se rotasie stadiger word, kan ons verwag dat die Aarde se draai-as ook meer en meer sal afwyk van die vertikaal.

‘n Tol se rotasie  spoed neem af as gevolg van wrywing wat by die Aarde se rotasie nie ‘n faktor is nie. Dis hier wat die massa distribusie ‘n wesenlike affek het. Dink aan ‘n ysskaatser wat ‘n rotasie beweging uitvoer. Sy begin met haar arms en een been horisontaal. As sy haar arms vertikaal lig en die been laat sak, tol sy skielik veel vinninger (kyk hier op youtube). Dit is die gevolg van die beginsel van die behoud van momentum (conservation of momentum).  Jy kan dit self toets as jy die soort kantoorstoel het waarvan die sitplek kan draai.

Die effek van aardverwarming is om die poolys te laat smelt en dit is hierdie proses wat die Aarde se massa distribusie beïnvloed soortgelyk aan die van die ysskaatser! Die water wat eers as ys by die pole gekonsentreerd was, is nou oor die oseane versprei en dit veroorsaak dat die aare se rotasie spoed afneem in ooreenstemming met die beginsel van die behoud van momentum. En soos die Aarde se rotasie afneem, word die afwyking van die draai-as groter!

Volgens die studie, is dit moontlik dat die as só ver sal afwyk dat dit horisontaal word en dus in dieselfde vlak lê as die baan van die Aarde om die Son.

Wanneer die Aarde hierdie oriëntasie bereik sal dit natuurlik ‘n ekstreme effek op die klimaat en die seisoene hê. Dis sal beteken dat die Noordelike en Suidelike hemisfere om die beurt ses maande somer en ses maande winter sal ervaar. In die middel van die somer is daar tropiese toestande en in die middel van die winter daar geen sonskyn wees nie.

Daar sal dus nooit weer ys op die pole kan vorm nie, en dus sal die Aarde se draai-as nooit weer naby die vertikaal kom nie.

My enigste raad/raat aan jou is: Fasten your seatbelt en begin opgaar! Alles van brandstof en batterye tot water, blikkieskos, medisyne en CD’s van Justin Bieber!

Lees die studie hier: Science Magazine.

 

 

14 Comments

Filed under aardverwarming, Astronomie, Astronomy, climate change, cosmology, global warming, katastrofes, klimaatverandering, Physics, satire, Science, Sterrekunde, Sustainable Energy