Blog Archives

Who, me? Never!

molefe

Update:|
On telling the truth: In a meeting with a journalist, Mr Molefe accused the journalist that she could ” … not believe he could run a parastatal based on the ‘shape of his nose‘”.

Read all about it The Daily Maverick.

6 Comments

May 23, 2017 · 3:30 pm

Buena Vista

buena-vista

4 Comments

May 3, 2017 · 8:59 am

Belangrike Kennisgewing

funeral.jpg

4 Comments

March 31, 2017 · 11:50 am

He obviously did NOT listen!

AFP_6D97R

2 Comments

December 15, 2015 · 11:44 am

‘n Boek en Resensies I.

ester

Hierdie is nie ‘n veronderstel om ‘n akademiese verhandeling te wees waar alle stellings met vers en kapittel gemotiveer word nie. Ek maak ook nie aanspraak (anders as wat soveel van ons leiers doen) op egte of verbeelde akademiese kwalifikasies nie. Ek is bloot ‘n gewone leser wat agter die storie aanlees en wat min erg het aan mooiskrywery, lang filosofiese relase of postmodernistiese intertekstualiteit en dekonstruksie (wat dit ookal mag beteken).

Ek het my onlangs laat verlei deur ‘n uiters positiewe resensie van Deborah Steinmair oor die roman Ester. Sy meld onder andere “… Watter voortreflike, wêreldklasskrywers het ons nie …”. Nou ja. Dit herinner sterk aan ‘n sekere tweedeviool rugbykommentator. Die langste twee woorde in sy beskrywingsarsenaal is Australianer en wêreldklas. Al om die hawerklap hoor ons “Wat ‘n speler is dit nie, wêreldklas! Wêreldklas!”. Al is die Bokke aan die verloor teen Japan of Timboektoe (Vra vir Hennie Auckamp waar dit is).

Ongelukkig het ek eers nadat ek die boek aangeskaf het (R150 by Amazon vs R176 by Kalahari) , twee verdere (ophemelende) resensies opgespoor. Een deur me. Joan Hambidge. Meer daaroor later. Die Hambidge resensie moes dadelik gevaarligte laat flikker het. Sy het immers ‘n bewonderende lofsang geuiter oor die boek Moltrein (deur Dan Roodt – ja díé Dan, Steve se boesemvriend) en ge-eindig met “I was gob smacked” – nie my soort frasering nie – maar dit was die clincher om my die boek laat koop. Die ander resensie deur Dewald Koen laat my koud.

Moltrein. Nou kyk. ‘n Klomp postmodernistiese verwysings na Franse postmodernistiese skrywers en/of filosowe waaraan net postmodernistise ingewydes tot die postmodernistiese binnekringe hulleselwers kan verkneuter maak myns insiens nie ‘n goeie boek nie. ‘n Intelligente dialoog tussen verskeie standpunte kan waarde byvoeg, maar bloot verwysings? Nee dit werk nie vir my nie Dis net brag vir die in-kliek.

Bowedien is die boek (Moltrein) ‘n sameflansing van intieme episodes van cunnilingus (koekiekou vir julle oningewydes)  wat vir hierdie leser oorkom as die wensdrome van ‘n seksueel gefrustreerde, middeljarige man.

Dit val my nou by dat beide Moltrein en Ester grootendeels op ‘n trein afspeel. In beide ‘n oormaat seks, in grafiese (vir hierdie leser is daar te min aan die verbeelding oorgelaat) detail. Wat sê dit van die (Hambidge) resensent?

Lees Deel II

6 Comments

December 10, 2014 · 11:23 pm

Wieke van wind …

7 Comments

April 24, 2012 · 9:41 pm

Catbert: Ons leermeester?

5 Comments

October 30, 2010 · 11:57 am