Sybille
Op welke blaar
Wat jy in die wind laat dryf
Het jy die antwoord
Op my vraag geskryf?
Wie beheers die warrelwind
Wat die blare met jou woorde
Aan ons soekendes
So argeloos verbind?
En ás ‘n blaar
My uiteindelik sou kry
Sou dit dan vir my
Van my noodlot kon bevry?
Image: William Kentridge: from “Waiting for the Sybill“
©vuurklip 28/2/2024