Mount Everest is aan die verdwyn!

scared

En dis Global Warming se skuld!

Onthou, jy het dit hier eerste gelees.

Jy weet teen die tyd al dat seevlakke besig is om te styg as gevolg van jou slegte gewoontes en jou fô-by-fô en jou DSTV en jou Justin Bieber CD’s

Ek hoop jy voel behoorlik skuldig oor die skade wat jy aan jou kleinkinders en agterkleinkinders en agteragterkleinkinders berokken. Skaam jou.

Dit het sopas aan die lig gekom dat Mount Everest se hoogte bo seespieël steeds minder word as gevolg van die smeltende ys ooral oor die wêreld – selfs die ys wat smelt in jou Klippies-en-Coke dra by tot die STYGENDE SEEVLAKKE.

Kyk net hier wat alles deur die Katastrofiese Aardverwarming veroorsaak word. Dit strek van Acne tot Yellow Fever.

Koes!

16 Comments

Filed under aardverwarming, global warming, humor humour, katastrofes, klimaatverandering, satire

16 responses to “Mount Everest is aan die verdwyn!

  1. Wit Wa* het vanaand gesê dat daar orals vals nuus is — dus glo ek nie wat jy hier gersrkyf het! 🙂
    (*Carte Blanche)

    • Hehe. Jy kan daai blank tjek ook nie aldag vertrou nie. Hulle is mos op DSTV! En het hulle nie op loop gegaan oor een of ander psychic wat lyke kon aanwys nie? Of so iets. Fake news is oral (behalwe hier). OK, dalk is ek verkeerd or Bieber maar nie oor Sonia Heroldt nie.

      • 🙂 Die blank tjek is vooruit uitgemaak in onsigbare ink?
        Verkeerd Just in Bieber Sonder Heroldt …
        Ek wil nou gaan vir ‘n namiddag uitstappie tot op die bokant van Everest, of is dit nognie klein genoeg nie?

      • Hehe. Teen 3 mm per jaar sal jy lank wag totdat Everest ‘n molshoop is. Ek hou van Just in en Sonder. Laat my dink aan Drool Barrymore …

  2. Stef Den Flater

    ‘N mens kan maar probeer al is dit nie maklik in ‘n wêreld wat jou dwing om op ‘n manier te lewe dat global warming in die hand werk. Behalwe dat ‘n mens konstant gebombardeer word deur advertensies, word jy eintlik gedwing by die keuse na ‘n job (vir sover daar keuse is) om ‘n motor aan te skaf. Anders word dit voortdurend openbare vervoer en na gelang van die afstand waarvoor jy die openbare vervoer gebruik, is dat blykbaar ook nie goed nie. Ek gebruik selde ‘n motor want besit self geen, ry baie met die fiets en neem die trein na die werk en tog is ek helaas ‘n groot besoedelaar. 😦
    (Vertaal uit die Nederland met Google translate)

    • Ondanks al die bangmaakstories oor global warming, het die temperatuur die afgelope 150 jaar met minder as een graad Celsius gestyg. Everest en Tafelberg is dus voorlopig heel veilig.

  3. Dis die einde van die dae…

Leave a comment