Umbra Sumus

Umbra Sumus
(Ons is die skaduwee)

As die Son hoog staan
Bo land en see
Is ons die skaduwee.

Van somer na herfs
As die blare val
Is ons die skaduwee.

As die vuur brand
En lig gooi teen die muur
Is ons die skaduwee.

As ons die rivier oorsteek
En in die diepte tuur
Bly daar geen skaduwee.

©vuurklip
22 Nov 2021

14 Comments

Filed under gedigte, literature, poetry

14 responses to “Umbra Sumus

  1. Vuurklip, ek kry hoendervleis! Jou woorde is so vloeiend en mooi – en hulle bly agter in my gedagtes.

  2. Die skaduwees word langer…

  3. Ek het hierdie in my onthou rak gaan bêre. ‘n Roerende mooi waarheid het Vuurklip hier gesnoer.

  4. Gedichten zijn niet “mijn ding”. Wél heb ik eens een kort verhaal geschreven, dat echter volgens mij te lang is (ca 300 woorden) om hier te plaatsen. Misschien kan ik het je het laten lezen in een MSWord documentje als bijlage van een e-mail, of Whatsapp?
    Groet.

  5. En die tyd wanneer die skaduwee sal verdwyn, gaan al vinniger verby. Dis roerende woorde Vuurklip.

Leave a comment